Vakatures

IS JY DINAMIES? ’N VASBYTER?  KAN JY ONAFHANKLIK EN VOLSTOOM WERK?

INDIEN WEL, IS DIE POS VAN PENDORING-KOÖRDINEER JOU BES MOONTLIK BESKORE!

Posbesonderhede:

Die suksesvolle kandidaat sal die pos  van Pendoring-koördineer vanaf 1 Maart 2017 by die Pendoring-kantoor, Media Park, Aucklandpark, aanvaar. Die pos is gekoppel aan die duur van die projek en sal huidiglik oor 'n vaste termyn van 1 jaar strek.

Flexi-ure is onderhandelbaar.

Kwalifikasies/eienskappe:

  • Verkieslik finale jaar student in bemarking, reklame of PR/ of toepaslike graad. Ondervinding van die bemakings- en reklamebedryf sal in jou guns tel.
  • Moet onafhanklik kan werk.
  • Dinamies en pro-aktief wees.
  • Aandag aan besonderhede gee.
  • Oor sterk interpersoonlike en kommunikasievaardighede beskik en vlot in Afrikaans en Engels kan kommunikeer en skryf.

Pligte:

  • PR-strategie en uitvoering, met sterk klem op sosiale media.  (Die skryf van nuusvrystellings is uitgesluit).
  • Administratiewe pligte sluit (onder andere) in: Algemene administratiewe pligte, volle verantwoordelik vir Pendoring se CMS-stelsel (aanlyninskrywings) en reëlings met betrekking tot Pendoring se beoordeling.

Sou jy aan bogenoemde voldoen, e-pos jou CV, tesame met 'n motivering, aan franette@fmk.co.za

Aansoeke sluit op 31 Januarie 2017.