Nuwe inskryfstelsel

Wenke oor die gebruik van ons nuwe inskryfstelsel

  1. Besigtig duimnael-weergawes (thumb-nails) van al jou gelaaide media in jou mediabiblioteek, wat dit makliker maak om die regte lêer aan die inskrywing te koppel.  Let op dat jou biblioteek media van vorige inskrywings mag bevat en dat dit ander toekennings mag insluit wat die Loeries®-inskryfbestuurstelsel gebruik.
  2. Koppel media van die biblioteek aan jou inskrywing deur die boonste regterkantste blok van die duimnaels met ’n regmerkie te merk, om die lêers by jou inskrywing te voeg.
  3. Bestuur jou mediabiblioteek: jy kan lêers in jou mediabiblioteek argiveer, etiketteer, sorteer en skrap.
  4. Sorteer en bestuur jou media in die volgorde wat jy wil hê die beoordelaars moet jou inskrywings besigtig, deur die “Op”- en “Af”-pyltjies te gebruik.
  5. Dui aan of jy fisieke materiaal stuur vir kategorieë waar fisieke materiaal opsioneel/verpligtend is.
  6. Vir video’s kan jy spesifiseer of jou lading die 30sek. geredigeerde weergawe is.
  7. Besigtig en volg asb. jou media voordat jy jou inskrywing finaliseer.
  8. Besigtig jou finale inskrywing, tesame met al die aangehegte medialêers. Geen veranderings kan aan jou inskryfbesonderhede aangebring word wanneer jou inskrywing gefinaliseer is nie.
  9. Redigeer erkennings en beskrywings nadat jou inskrywing ingedien is.