Kategorieƫ

Kategorieë slegs oop vir Suid-Afrikaanse tale, Engels uitgesluit. Werk moet ten minste 70% in Afrikaans, Zoeloe, Xhosa, Ndebele, Swazi, Tsonga, Venda, Setswana, Sepedi of Sotho wees.  Alle inskrywings moet van ’n Engelse vertaling vergesel wees.

Studente mag net in die studentekategorie inskryf. Waar moontlik, moet studentewerk deur die Skool/Kollege/Universiteit ingeskryf word pleks van regstreeks deur die student.

Alle kategorieë is enkelinskrywings, tensy anders vermeld. Byvoorbeeld, Plakkate moet afsonderlik ingeskryf word, nie verskeie as een (1) inskrywing nie. As verskeie stukke na die mening van die beoordelaars ’n veldtog verteenwoordig, sal hierdie inskrywings in een (1) veldtogkategorie gekombineer word.

Bestudeer asb. die “Voorbereidingsriglyne” vir elke kategorie vir gedetailleerde inligting oor die formate wat gebruik moet word wanneer jy jou inskrywings indien.

Bestudeer asb. die “Reëls” om seker te maak jou inskrywing is geldig.

 

Daar is 11 hoofkategorieë:

 

  1. Kommunikasie-ontwerp
  2. Digitale & Interaktiewe Kommunikasie
  3. Televisie, Rolprent & Videokommunikasie
  4. Gedrukte Kommunikasie
  5. Radiokommunikasie
  6. Buitelug & Buitenshuis
  7. Lewende Gebeurtenisse/Geleenthede, Aktiverings & Borgskappe
  8. Oorspronklik Afrikaans
  9. Kleinhandel-kommunikasie
  10. Geïntegreerde Veldtog
  11. Studentetoekennings