Kategorie-Riglyne

1. Kommunikasie-Ontwerp

 

Waar nodig, verskaf asb. ’n oorsig van jou inskrywing – moenie net veelvoudige elemente indien nie. Gebruik enige kombinasie van borde, jpegs en/of video waar toepaslik, en verskaf ’n geskrewe beskrywing wat beoordelaars in staat stel om jou inskrywing te verstaan.

ONS SAL NIE VERVANGINGSMATERIAAL (REPLACEMENT MATERIAL) AANVAAR NIE, maak dus seker dat die weergawe wat jy gelaai het of vir ons gestuur het, die korrekte en finale materiaal is.

Veelvoudige elemente mag voorgelê word deur enige kombinasie van borde, jpegs en/of video te gebruik.

 

a.    INDIEN JY BORDE INDIEN, MOENIE SKUIMBORD GEBRUIK NIE

  • Gebruik dun, stywe karton tot ’n maksimum grootte van A2. Jy kan meer as een bord gebruik sou dit nodig wees vir jou inskrywing, maar hoogstens 10 borde – veelvoudige borde moenie aan mekaar geheg wees nie. Gebruik ’n kombinasie van beeldmateriaal asook geskrewe beskrywings wanneer nodig om jou bord voor te berei.
  • DRUK EN HEG JOU INSKRYFETIKET AGTER AAN ELKE BORD OF DRIEDIMENSIONELE STUK. Nadat jy jou aanlyn-inskrywing voltooi het en die inskryfetikette gedruk het, plak die korrekte etiket aan die agterkant van die ooreenstemmende fisieke inskrywing. Indien jou inskrywing uit meer as een (1) stuk bestaan, heg asb. ’n etiket aan elke stuk en merk die stukke dienooreenkomstig, bv. Deel 1 van 4, Deel 2 van 4, ens.
  • MOENIE JOU NAAM OF JOU AGENTSKAPSHANDELSMERKING OP JOU INSKRYWING AANBRING NIE. Alle werk word anoniem beoordeel, dus moet jy seker maak dat geen verwysing na jou agentskap by die inskrywing gevoeg word nie. Gebruik slegs die etikette wat verskaf word om jou inskrywing te identifiseer. Alle montering, omslae, versierings, ens. moet geen agentskapshandelsmerking bevat nie. Indien nodig, sal die Pendoring-personeel sodanige handelsmerking verwyder of bedek.
  • VERSKAF JPEGS VAN BORDE – HOOGSTENS 10 JPEGS WORD TOEGELAAT
  • Jy moet jpeg-lêers verskaf van enige fisieke werk wat ingeskryf word – of dit op borde of as ’n driedimensionele stuk ingedien word. Dit sal by die bekroningsgeleentheid op die skerm gebruik word, sou jou werk wen. Vir veldtogte en werk wat op borde ingedien is – JY MOET ELKE BEELD AS ’N AFSONDERLIKE JPEG-LÊER VERSKAF. Let wel: Indien jou inskrywing slegs ’n elektroniese jpeg-aanbieding is, sal ons hierdie materiaal vir die toekoms gebruik en is dit nie nodig om bykomende jpegs te verskaf nie. Volg asb. die spesifikasies wat in Seksie B hieronder verskaf word.

b.    INDIEN JPEGS GEBRUIK WORD: HOOGSTENS 10 JPEGS WORD TOEGELAAT

  • SLEGS hoë resolusie (300dpi) jpegs.
  • Minimum breedte moet 2400 beeldpunte (pixels) wees.
  • Maksimum lêergrootte is 10MB per beeld.
  • Die aanbiedingsbeelde sal ’n opsomming van jou inskrywing wees en sal vir beoordeling gebruik word, asook op die skerm by die bekroningsgeleentheid, sou jou werk wen.
  • Indien daar enige teks op jou beelde is, maak asb. seker dat dit leesbaar is wanneer dit vir ’n gehoor van sowat 15 mense voorgelê word. Die beeld sal op ’n skerm verskyn en op ’n afstand van minstens 3 tot 5 meter besigtig word.
  • Vir werk met fyner besonderhede en/of logo’s wat deur die beoordelaars besigtig moet word, verskaf asb. groter beelde.
  • Beperk die teks tot die minimum aangesien beoordelaars nie lang paragrawe teks op die skerm kan lees nie. Gebruik die ‘beskrywing’- seksie op die inskryfvorm vir addisionele inligting oor die inskrywing.
  • HOE OM JOU JPEG-LÊERS TE STUUR – LAAI OP MET BEHULP VAN ONS AANLYN-INSKRYFSTELSEL
    • Jy kan jou lêers direk op jou mediabiblioteek laai met behulp van die aanlyn-inskryfproses. Jy het die keuse om jou lêers te laai wanneer jy jou inskryfvorm voltooi, of om dit later te laai. Meld net aan om in jou rekening te kom en skep of bestuur jou media.

c.    INDIEN JY VIDEO GEBRUIK

  • Kan jy filmmateriaal van die inskrywing self gebruik, asook ondersteunende inligting oor jou werk. Volg asb. die voorbereidingsriglyne vir TV, Rolprent & Video. Oorsig-video’s moet tot twee (2) minute beperk word. Indien dit nodig geag word, kan die volledige werk die oorsig van twee (2) minute vergesel.
  • Ons beveel ook aan dat ’n geredigeerde weer van 30 sekondes vir die bekroningsgeleentheid verskaf word.

 

RIGLYNE SPESIFIEK VIR ELKE SUBKATEGORIE:

 

Handelsnaamidentiteit & Kollaterale Ontwerp Logo's

  • Wys logo’s in konteks. Wanneer jy ’n logo-ontwerp inskryf, moenie net die finale logo stuur nie; voeg ondersteunende beeldmateriaal by wat die logo in konteks wys. Jy kan ook grafiese verwysings stuur oor die evolusie van die logo. Onthou: verskaf soveel inligting moontlik om die beoordelaars in staat te stel om jou inskrywing te verstaan.

Identiteitsprogramme

  • Wys alle elemente van die handelsnaamidentiteit en verskaf soveel inligting moontlik om die beoordelaars in staat te stel om jou inskrywing te verstaan. Waar relevant, verskaf oorspronklike materiaal. Gebruik borde vir veelvoudige elemente (sien bo-aan bladsy).

Plakkate

  • Moenie plakkate monteer nie – verskaf as ongemonteerde afdrukke. Jy mag jou plakkaat indien in die grootte wat dit oorspronklike verskyn het tot hoogstens A0. Indien jou plakkaat groter is as A0, mag jy ’n oorsig-video, fisieke bord en/of jpeg-aanbieding met jou beeldmateriaal indien wat jou plakkaat in situ wys. Plakkate moet plat gestuur word – moenie plakkaatbuise gebruik nie aangesien die werk maklik beskadig kan word.

Buitelugborde

  • Jy mag ’n oorsig-video, fisieke bord en/of jpeg-aanbieding met beeldmateriaal stuur wat die buitelugbord, waar moontlik, in situ wys.

Direkte & Promosionele Posbemarking en Algemene Kollateraal

  • Wanneer moontlik, stuur asb. die werklike stuk, tensy dit natuurlik te groot is. As jy nie die oorspronklike werk kan stuur nie, stuur beeldmateriaal en toepaslike beskrywings op een (1) of meer borde of as jpegs (sien bo-aan bladsy).

 

DRIEDIMENSIONELE & OMGEWINGSONTWERP

Argitektuur, Binne-ontwerp & Tydelike Strukture

  • Dit is belangrik om te toon hoe die ontwerp help om die handelsnaam te kommunikeer. Byvoorbeeld, hoe die binne-ontwerp van ’n restaurant help om die handelsnaam te weerspieël? In die geval van Argitektoniese en Binne-ontwerpprojekte, is die bekendstellingsdatum nie van deurslaggewende belang nie, solank die werk nie vantevore ingeskryf is nie. Argitektoniese en Binne-ontwerpwerk sluit in nuwe toevoegings tot ’n bestaande struktuur of handelsnaam, byvoorbeeld ’n nuwe winkel, restaurant of opgradering.
  • Stuur beeldmateriaal en toepaslike beskrywings op een (1) of meer borde, of as jpegs (sien bo-aan bladsy). Daarbenewens mag jy videomateriaal ter ondersteuning van jou inskrywings stuur, hoewel dit nie nodig is nie. Videovoorleggings moet hoogstens (twee) 2 minute lank wees en moet die voorbereidingsriglyne vir TV, Rolprent & Video volg.

Verpakkings- & Nywerheidsontwerp

  • Wanneer moontlik, stuur die oorspronklike stuk tensy dit natuurlik te groot is. As jy nie die oorspronklike werk kan stuur nie, stuur asb. beeldmateriaal en toepaslike beskrywings op een (1) of meer borde, of as jpegs (sien bo-aan bladsy).

Publikasie-Ontwerp

  • Waar moontlik, stuur die oorspronklike stuk. As jy nie die oorspronklike werk kan stuur nie, stuur asb. beeldmateriaal en toepaslike beskrywings op een (1) of meer borde, of as jpegs (sien bo-aan bladsy).

Bewende Grafiese Ontwerp

  • TV-kanaalhandelsmerking & Identiteit. Volg asb. voorbereidingsriglyne vir TV, Rolprent & Video.

Ontwerp – Gemengdemediaveldtog

  • Verskaf asb. een (1) oorsig van jou veldtog as ’n hegte inskrywing – moenie net veelvoudige elemente instuur nie. Gebruik borde, jpegs en/of video waar toepaslik en verskaf ’n geskrewe beskrywing om die beoordelaars in staat te stel om jou inskrywing te verstaan.

Ontwerp – Vernuf

  • Verskaf asb. ongemonteerde media (byvoorbeeld plakkate). Indien die vernuf vervat is in media soos verpakking of 'n publikasie, volg asb. die relevante riglyne vir hierdie kategorie – en, waar moontlik, verskaf altyd die oorspronklike werk.

 

 

2. Digitale & Interaktiewe Kommunikasie

 

Geen fisieke inskrywings sal vir hierdie kategorie toegelaat word nie. Jy kan ’n video en/of ’n jpeg-aanbieding indien.

Vanaf 2017 mag geen Lewende media, met inbegrip van URL's, ingedien word nie. Webwerwe, YouTube-inhoud en soortgelyke inhoud moet óf as ’n begeleidende video wat die beoordelaars deur jou inskrywing neem, óf as statiese jpegs ingedien word. Geen landingsbladsye sal aanvaar word nie.

ONS SAL NIE VERVANGINGSMATERIAAL (REPLACEMENT MATERIAL) AANVAAR NIE, maak dus seker dat die weergawe wat jy gelaai het, die korrekte en finale materiaal is.

MOENIE JOU NAAM OF JOU AGENTSKAPSHANDELSMERKING OP JOU INSKRYWING AANBRING NIE. Aangesien alle werk anoniem beoordeel word, moet jy seker maak dat daar geen verwysing na jou agentskap by die inskrywing ingesluit is nie.

 

a.    INDIEN JPEGS GEBRUIK WORD: HOOGSTENS 10 JPEGS WORD TOEGELAAT

  • SLEGS hoë resolusie (300dpi) jpegs.
  • Minimum breedte moet 2400 beeldpunte (pixels) wees.
  • Maksimum lêergrootte is 10MB per beeld.
  • Die aanbiedingsbeelde sal ’n opsomming van jou inskrywing wees en sal vir beoordeling gebruik word, asook op die skerm by die bekroningsgeleentheid, sou jou werk wen.
  • Indien daar enige teks op jou beelde is, maak asb. seker dat dit leesbaar is wanneer dit vir ’n gehoor van sowat 15 mense voorgelê word. Die beeld sal op ’n skerm verskyn en op ’n afstand van minstens 3 tot 5 meter besigtig word.
  • Vir werk met fyner besonderhede en/of logo’s wat deur die beoordelaars besigtig moet word, verskaf asb. groter beelde.
  • Beperk die teks tot die minimum aangesien beoordelaars nie lang paragrawe teks op die skerm kan lees nie. Gebruik die ‘beskrywing’- seksie op die inskryfvorm vir addisionele inligting oor die inskrywing.
  • HOE OM JOU JPEG-LÊERS TE STUUR – LAAI OP MET BEHULP VAN ONS AANLYN-INSKRYFSTELSEL
    • Jy kan jou lêers direk op jou mediabiblioteek laai met behulp van die aanlyn-inskryfproses. Jy het die keuse om jou VERVANGINGSMATERIAAL (REPLACEMENT MATERIAL) te laai wanneer jy jou inskryfvorm voltooi, of om dit later te laai. Meld net aan om in jou rekening te kom en skep of bestuur jou media.

b.    INDIEN JY VIDEO GEBRUIK

  • Kan jy filmmateriaal van die inskrywing self gebruik, asook ondersteunende inligting oor jou werk. Volg asb. die voorbereidingsriglyne vir TV, Rolprent & Video. Oorsig-video’s moet tot twee (2) minute beperk word. Indien dit nodig geag word, kan die volledige werk die oorsig van twee (2) minute vergesel.
  • Ons beveel ook aan dat ’n geredigeerde weergawe van 30 sekondes vir die bekroningsgeleentheid verskaf word.

 

 

3. TV-, ROLPRENT- & VIDEOKOMMUNIKASIE

 

Hierdie instruksies is van toepassing op alle TV, Rolprent- & Videomateriaal. LET WEL: GEEN ANDER FORMATE SAL AANVAAR WORD NIE – AS JOU LÊERS NIE IN DIE KORREKTE FORMAAT GESTUUR WORD NIE, KAN JOU INSKRYWING VERWERP WORD!

ONS SAL NIE VERVANGINGSMATERIAAL (REPLACEMENT MATERIAL) AANVAAR NIE, maar dus asb. seker dat die weergawe wat jy gelaai of gestuur het, die korrekte en finale materiaal is.

VERTALING – Alle inskrywings moet Engelse subtitels hê. Sluit alle nodige verduidelikings in vir die beoordelaars om die konteks van die vertaling te verstaan.

ENKELINSKRYWINGS – moet afsonderlike ingeskryf word.

Byvoorbeeld, drie TV-advertensies wat deel vorm van ’n veldtog moet as individuele inskrywings ingedien word, nie as verskeie van een (1) inskrywing nie. Indien verskeie stukke na die mening van die beoordelaars ’n veldtog verteenwoordig, kan die inskrywings in een veldtogtoekenning gekombineer word.

MOENIE JOU NAAM OF AGENTSKAPSHANDELSMERKING OP JOU INSKRYWING AANBRING NIE. Aangesien werk anoniem beoordeel word, moet jy seker maak dat geen verwysing na jou agentskap by die inskrywing ingesluit word nie.

VERSKAF ’N GEREDIGEERDE WEERGAWE VAN 30 SEKONDES – Ons beveel aan dat alle langformaat-inskrywings (video’s van langer as 30 sekondes) vergesel moet word van ’n bykomende weergawe van 30 sekondes wat ’n oorklanking kan insluit. Dit sal op die skerm by die bekroningsgeleentheid gebruik word, sou jou werk wen. Indien geen geredigeerde weergawe ontvang word nie, sal die oorspronklike video by die bekroningsgeleentheid geleidelik op die skerm verskyn en weer verdwyn.

 

TEGNIESE SPESIFIKASIES VIR TV/VIDEOLÊERS WORD IN ENGELS VERSKAF OP STERKTE VAN TERUGVOERING UIT DIE BEDRYF.

FORMAT  FRAME SIZE & RATE 
PAL 4:3  720x576 – 25fps 
PAL 16:9  1024x576 – 25fps 
NTSC 4:3  720x480 – 29.97fps 
NTSC 16:9  854x480 – 29.97fps 
HD 720p  1280x720 – 25fps 

 

VIDEOLÊERS MOET AAN DIE VOLGENDE VEREISTES VOLDOEN:

  1. Be a Quicktime Movie (.mov) format
  2. Video Compressor: H.264
  3. Encoding: Best Quality (Multi-Pass) recommended
  4. Audi AAC Stereo 48kHz
  5. Overview Video maximum length = 2 minutes, Maximum size = 400MB
    a. If it is considered necessary, the full-length work may accompany the 2-minute entry and it may be viewed at the judges’ discretion.

 

ADDITIONAL RECOMMENDED TECHNICAL SPECS:

  1. Data Rate: 5000kbps / HD 8000kbps
  2. Key Frames: Automatic
  3. Frame Reordering: Enabled
  4. Quality: High
  5. Streaming: None
  6. Audi Bit Resolution: 16bit
  7. Audio Encoding: Constant Bit Rate (CBR)
  8. Audio Bit Rate: 192kbps
  9. Video Clock/Slate: NONE

 

HOE OM JOU JPEG-LÊERS TE STUUR – LAAI OP MET BEHULP VAN ONS AANLYN-INSKRYFSTELSEL

Jy kan jou lêers direk op jou mediabiblioteek laai met behulp van die aanlyn-inskryfproses. Jy het die keuse om jou lêers te laai wanneer jy jou inskryfvorm voltooi, of om dit later te laai. Meld net aan om in jou rekening te kom en skep of bestuur jou media.

 

 

4. Gedrukte Kommunikasie

 

FISIEKE MATERIAAL MOET VIR ALLE INSKRYWINGS IN HIERDIE KATEGORIE INGEDIEN WORD – volg asb. die relevante spesifikasies vir elke kategorie, soos hieronder getoon.

ONS SAL NIE VERVANGINGSMATERIAAL (REPLACEMENT MATERIAL) AANVAAR NIE, maak dus seker dat die weergawe wat jy vir ons gestuur het, die korrekte en finale materiaal is.

 

Koerante en Tydskrifte

  • Maksimum groottes vir Koerante en Tydskrifte (MOENIE MONTEER NIE): Koerant = 450mm x 300mm landskap of 300mm x 450mm portret; Tydskrif = A3 landskap, A4 portret; groter groottes kan ingedien word indien dit verskaf word met ’n oorspronklike skeurblad om te wys dat dit in hierdie grootte gepubliseer was.
  • Taktiese gedrukte werk – Alle taktiese gedrukte inskrywings moet die oorspronklike media (of ’n afskrif) insluit. Jy mag ook bykomende inligting verskaf wat die inskrywing verduidelik deur borde en/of video te gebruik.

Plakkate

  • MOENIE PLAKKATE MONTEER NIE – VERSKAF AS ONGEMONTEERDE AFDRUKKE. Jy mag die plakkaat inskryf in die oorspronklike grootte wat dit aanvanklik verskyn het, maar hoogstens A0. Indien jou plakkaat groter as A0 verskyn het, moet ’n fisieke bord met beeldmateriaal ingeskryf word wat jou plakkaat in situ toon (sien aanvaarde spesifikasies hieronder). Plakkate moet plat gestuur word – moet asb. nie plakkaatbuise gebruik nie aangesien die werk maklik beskadig kan word.

Gedrukte Vernuf

  • Hierdie moet ingeskryf word in die kategorie Drukmedia/Buitelug & Buitenshuis Vernuf ooreenkomstig die spesifikasies wat vir hierdie spesifieke mediatipe verskaf is, byvoorbeeld ’n tydskrif-vernufinskrywing mag nie in plakkaatgrootte ingeskryf word nie, maar moet die tydskrifriglyne volg wat verskaf word. Dit is van toepassing op Vernuftoekennings.

Enkelinskrywings

  • Moet afsonderlik ingeskryf word. Byvoorbeeld, drie (3) plakkate wat deel vorm van ’n veldtogtema, moet as individuele inskrywings ingedien word, nie almal as een inskrywing nie. As verskeie stukke na die mening van die beoordelaars ’n veldtog verteenwoordig, sal hierdie inskrywings in een (1) veldtogtoekenning gekombineer word.

Druk en heg jou Inskryfetiket aan die agterkant van elke Inskrywing

  • Nadat jy jou aanlyn-inskrywing voltooi en jou inskryfetikette gedruk het, plak die korrekte etiket aan die agterkant van die ooreenstemmende fisieke inskrywing. As jou inskrywing uit meer as een (1) stuk bestaan, heg ’n etiket aan elke stuk en merk die stukke dienooreenkomstig, byvoorbeeld Deel 1 van 4, Deel 2 van 4, ens.

Moenie jou naam of Agentskapshandelsmerking op jou Inskrywing aanbring nie

  • Aangesien werk anoniem beoordeel word, moet jy seker maak dat geen verwysing na jou agentskap by die inskrywing ingesluit word nie. Gebruik slegs die etikette wat verskaf word om jou inskrywing te identifiseer. Monterings, lêers, versierings, ens. moet geen agentskapshandelsmerking bevat nie. Indien nodig, sal die Pendoring-personeel sodanige handelsmerking verwyder of bedek.

 

a.    INDIEN JY BORDE INDIEN, MOENIE SKUIMBORD GEBRUIK NIE

  • Gebruik dun, stywe karton tot ’n maksimum grootte van A2. Jy kan meer as een bord gebruik, sou dit nodig wees vir jou inskrywing, maar hoogstens 10 borde – veelvoudige borde moenie aan mekaar geheg word nie. Gebruik ’n kombinasie van beeldmateriaal asook geskrewe beskrywings wanneer nodig om jou bord voor te berei.

b.    VERSKAF JPEGS VAN BORDE – HOOGSTENS 10 JPEGS WORD TOEGELAAT

Jy moet jpeg-lêers verskaf van jou werk verskaf om op die skerm by die bekroningsgeleentheid gebruik te word, sou jou werk wen. Dit is belangrik dat jy die nodige materiaal gedurende die inskryfproses indien.

  • SLEGS hoë resolusie (300dpi) jpegs.
  • Minimum breedte moet 2400 beeldpunte (pixels) wees.
  • Maksimum lêergrootte is 10MB per foto.
  • Die aanbiedingsbeelde sal ’n opsomming van jou inskrywing wees en sal vir beoordeling gebruik word, asook op die skerm by die bekroningsgeleentheid, sou jou werk wen.
  • Indien daar enige teks op jou beelde is, maak asb. seker dat dit leesbaar is wanneer dit vir ’n gehoor van sowat 15 mense voorgelê word. Die beeld sal op ’n skerm verskyn en op ’n afstand van minstens 3 tot 5 meter besigtig word.
  • Vir werk met fyner besonderhede en/of logo’s wat deur die beoordelaars besigtig moet word, verskaf asb. groter beelde.
  • HOE OM JOU JPEG-LÊERS TE STUUR – LAAI OP MET BEHULP VAN ONS AANLYN-INSKRYFSTELSEL.
    • Jy kan jou lêers direk op jou mediabiblioteek laai met behulp van die aanlyn-inskryfproses. Jy het die keuse om jou lêers te laai wanneer jy jou inskryfvorm voltooi, of om dit later te laai. Meld net aan om in jou rekening te kom en skep of bestuur jou media.

c.    INDIEN JY VIDEO GEBRUIK

  • Kan jy rolprentmateriaal van die inskrywing self verskaf, asook ondersteunende inligting oor jou werk. Volg asb. voorbereidingsriglyne vir TV, Rolprent & Video.

 

Gedrukte / Buitelug & Buitenshuise Vernuf

  • Gedrukte/Buitelug & Buitenshuise vernufinskrywings moet ingedien word volgens die spesifikasies vir hierdie mediatipe, byvoorbeeld ’n tydskrif-vernufinskrywing kan nie so groot soos ’n plakkaat ingedien word nie, maar moet die tydskrifriglyne wat verskaf word, volg. Dit is van toepassing op alle vernufinskrywings.
  • Sien die voorbereidingsriglyne vir GEDRUKTE KOMMUNIKASIE en BUITELUG & BUITENSHUIS.

 

 

5. Radiokommunikasie

 

Hierdie riglyne is van toepassing op alle klank-gebaseerde inskrywings. LET WEL: GEEN ANDER FORMATE  SAL AANVAAR WORD NIE – AS JOU LÊERS NIE IN DIE KORREKTE FORMAAT INGESKRYF WORD NIE, KAN JOU INSKRYWING VERWERP WORD!

ONS SAL GEEN VERVANGSMATERIAAL  (REPLACEMENT MATERIAL) AANVAAR NIE, maak dus seker dat die weergawe wat jy gelaai of vir ons gestuur het, die korrekte en finale materiaal is.

VERTALING – Alle radio-inskrywings moet as ’n videolêer met Engelse subtitels ingedien word. Sluit alle nodige verduidelikings in vir die beoordelaars om die konteks van die vertaling te verstaan. Volg asb. die voorbereidingsriglyne vir TV, Rolprent & Video.

ENKELINSKRYWINGS – moet afsonderlik ingeskryf word. Byvoorbeeld, drie (3) radio-advertensies wat deel vorm van ’n veldtog moet as individuele inskrywings ingedien word, nie as verskeie van een (1) inskrywing nie. Indien verskeie stukke na die mening van die beoordelaars ’n veldtog verteenwoordig, kan die inskrywings in een veldtogtoekenning gekombineer word.

MOENIE JOU NAAM OF AGENTSKAPSHANDELSMERKING OP JOU INSKRYWING AANBRING NIE. Aangesien werk anoniem beoordeel word, moet jy seker maak dat geen verwysing na jou agentskap by die inskrywing ingesluit word nie.

 

TEGNIESE SPESIFIKASIES VIR TV/VIDEOLÊERS WORD IN ENGELS VERSKAF OP STERKTE VAN TERUGVOERING UIT DIE BEDRYF.

 

SPESIFIKASIES VIR LÊERS

Accepted format - Submit all English Radio entries in MP3 format according to the specs provided below.

File Type: MP3

Maximum file size: 100MB

Sample Rate: 44.1 kHz

Bit Rate: Minimum 128kbps Recommended: 192kbps or higher

Channels: Stereo

Peak Level: - 6dB (Digital Full Scale)

Duration: Length of duration is dependent on the category (maximum length is 2 minutes)

Audio Slate: NO AUDIO SLATE UPFRONT

HOE OM JOU JPEG-LÊERS TE STUUR – LAAI OP MET BEHULP VAN ONS AANLYN-INSKRYFSTELSEL

Jy kan jou lêers direk op jou mediabiblioteek laai met behulp van die aanlyn-inskryfproses. Jy het die keuse om jou lêers te laai wanneer jy jou inskryfvorm voltooi, of om dit later te laai. Meld net aan om in jou rekening te kom en skep of bestuur jou media.

 

 

6. Buitelug & Buitenshuis

 

Geen fisieke inskrywings sal vir die volgende kategorieë toegelaat word nie: Buitelugmedia, Omgewings- & Alternatiewe Media, Winkel, Padvervoer & Lug. Jy kan ’n video en/of ’n jpeg-aanbieding indien.

Vir Direkte Bemarking moet die oorspronklike media saam met die inskrywing ingedien word en mag borde, jpegs en/of video insluit. Sien hieronder vir meer inligting.

ONS SAL GEEN VERVANGSMATERIAAL (REPLACEMENT MATERIAL) AANVAAR NIE, maak dus seker dat die weergawe wat jy gelaai of vir ons gestuur het, die korrekte en finale materiaal is.

MOENIE JOU NAAM OF AGENTSKAPSHANDELSMERKING OP JOU INSKRYWING AANBRING NIE. Aangesien werk anoniem beoordeel word, moet jy seker maak dat geen verwysing na jou agentskap by die inskrywing ingesluit word nie.

VERNUFINSKRYWINGS vir Buitelug, Omgewing en Winkel moet in die kategorie GEDRUKTE MEDIA/BUITELUG EN BUITENSHUISE VERNUF ingedien word. Alle Vernufinskrywings moet volgens die spesifikasies vir die spesifieke mediatipe ingedien word.

ENKELINSKRYWINGS – moet afsonderlik ingeskryf word. Byvoorbeeld, drie (3) radio-advertensies wat deel vorm van ’n veldtog moet as individuele inskrywings ingedien word, nie as verskeie van een (1) inskrywing nie. Indien verskeie stukke na die mening van die beoordelaars ’n veldtog verteenwoordig, kan die inskrywings in een veldtogtoekenning gekombineer word. In die geval van lamppaalinskrywings, as een kommunikasie oor drie (3) borde heen gedoen is, moet al drie (3) borde as een (1) inskrywing ingedien word.

 

a.    INDIEN JPEGS GEBRUIK WORD: HOOGSTENS 10 JPEGS WORD TOEGELAAT

  • SLEGS hoë resolusie (300dpi) jpegs.
  • Minimum breedte moet 2400 beeldpunte (pixels) wees.
  • Maksimum lêergrootte is 10MB per beeld.
  • Die aanbiedingsbeelde sal ’n opsomming van jou inskrywing wees en sal vir beoordeling gebruik word, asook op die skerm by die bekroningsgeleentheid, sou jou werk wen.
  • Indien daar enige teks op jou beelde is, maak asb. seker dat dit leesbaar is wanneer dit vir ’n gehoor van sowat 15 mense voorgelê word. Die beeld sal op ’n skerm verskyn en op ’n afstand van minstens 3 tot 5 meter besigtig word.
  • Vir werk met fyner besonderhede en/of logo’s wat deur die beoordelaars besigtig moet word, verskaf asb. groter beelde.
  • Beperk die teks tot die minimum aangesien beoordelaars nie lang paragrawe teks op die skerm kan lees nie. Gebruik die ‘beskrywing’- seksie op die inskryfvorm vir addisionele inligting oor die inskrywing.
  • HOE OM JOU JPEG-LÊERS TE STUUR – LAAI OP MET BEHULP VAN ONS AANLYN-INSKRYFSTELSEL
    • Jy kan jou lêers direk op jou mediabiblioteek laai met behulp van die aanlyn-inskryfproses. Jy het die keuse om jou lêers te laai wanneer jy jou inskryfvorm voltooi, of om dit later te laai. Meld net aan om in jou rekening te kom en skep of bestuur jou media.

b.    INDIEN JY VIDEO GEBRUIK

  • Kan jy rolprentmateriaal van die inskrywing self gebruik, asook ondersteunende inligting oor jou werk. Volg asb. die voorbereidingsriglyne vir TV, Rolprent & Video. Oorsig-video’s moet tot twee (2) minute beperk word. Indien dit nodig geag word, kan die volledige werk die oorsig van twee (2) minute vergesel.
  • Ons beveel ook aan dat ’n geredigeerde weergawe van 30 sekondes vir die bekroningsgeleentheid verskaf word.

 

 

Direkte Posbemarking

  • Die oorspronklike materiaal mag saam met die inskrywings ingedien word en die inskrywing met borde, jpegs en/of video insluit.

 

a.    INDIEN JY BORDE INDIEN, MOENIE SKUIMBORD GEBRUIK NIE

  • Gebruik dun, stywe karton van hoogstens A2-grootte. Jy kan meer as een bord gebruik sou dit nodig wees vir jou inskrywing, maar HOOGSTENS 10 BORDE – veelvoudige borde moenie aan mekaar geheg word nie. Gebruik ’n kombinasie van beeldmateriaal asook geskrewe beskrywings wanneer nodig om jou bord voor te berei.
  • DRUK EN HEG JOU INSKRYFETIKET AGTER AAN ELKE BORD OF DRIEDIMENSIONELE STUK. Nadat jy jou aanlyn-inskrywing voltooi het en die inskryfetikette gedruk het, plak die korrekte etiket aan die agterkant van die ooreenstemmende fisieke inskrywing. Indien jou inskrywing uit meer as een (1) stuk bestaan, heg asb. ’n etiket aan elke stuk en merk die stukke dienooreenkomstig, bv. Deel 1 van 4, Deel 2 van 4, ens.
  • MOENIE JOU NAAM OF JOU AGENTSKAPSHANDELSMERKING OP JOU INSKRYWING AANBRING NIE. Alle werk word anoniem beoordeel, dus moet jy seker maak dat geen verwysing na jou agentskap by die inskrywing gevoeg word nie. Gebruik slegs die etikette wat verskaf word om jou inskrywing te identifiseer. Alle montering, omslae, versierings, ens. moet geen agentskapshandelsmerking bevat nie. Indien nodig, sal die Pendoring-personeel sodanige handelsmerking verwyder of bedek.
  • VERSKAF JPEGS VAN BORDE – HOOGSTENS 10 JPEGS WORD TOEGELAAT.
  • Jy moet jpeg-lêers verskaf van enige fisieke werk wat ingeskryf word – of dit op borde of as ’n driedimensionele stuk ingedien word. Dit sal by die bekroningsgeleentheid op die skerm gebruik word, sou jou werk wen. Vir veldtogte en werk wat op borde ingedien is – JY MOET ELKE BEELD AS ’N AFSONDERLIKE JPEG-LÊER VERSKAF. Let wel: Indien jou inskrywing slegs ’n elektroniese jpeg-aanbieding is, sal ons hierdie materiaal vir die toekoms gebruik en is dit nie nodig om bykomende jpegs te verskaf nie. Volg asb. die spesifikasies wat in Seksie B hieronder verskaf word.

b.    INDIEN JPEGS GEBRUIK WORD: HOOGSTENS 10 JPEGS WORD TOEGELAAT

  • SLEGS hoë resolusie (300dpi) jpegs.
  • Minimum breedte moet 2400 beeldpunte (pixels) wees.
  • Maksimum lêergrootte is 10MB per beeld.
  • Die aanbiedingsbeelde sal ’n opsomming van jou inskrywing wees en sal vir beoordeling gebruik word, asook op die skerm by die bekroningsgeleentheid, sou jou werk wen.
  • Indien daar enige teks op jou beelde is, maak asb. seker dat dit leesbaar is wanneer dit vir ’n gehoor van sowat 15 mense voorgelê word. Die beeld sal op ’n skerm verskyn en op ’n afstand van minstens 3 tot 5 meter besigtig word.
  • Vir werk met fyner besonderhede en/of logo’s wat deur die beoordelaars besigtig moet word, verskaf asb. groter beelde.
  • Beperk die teks tot die minimum aangesien beoordelaars nie lang paragrawe teks op die skerm kan lees nie. Gebruik die ‘beskrywing’- seksie op die inskryfvorm vir addisionele inligting oor die inskrywing.
  • HOE OM JOU JPEG-LÊERS TE STUUR – ÊAAI OP MET BEHULP VAN ONS AANLYN-INSKRYFSTELSEL
    • Jy kan jou lêers direk op jou mediabiblioteek laai met behulp van die aanlyn-inskryfproses. Jy het die keuse om jou lêers te laai wanneer jy jou inskryfvorm voltooi, of om dit later te laai. Meld net aan om in jou rekening te kom en skep of bestuur jou media.

c.    INDIEN JY VIDEO GEBRUIK

  • Kan jy rolprentmateriaal van die inskrywing self gebruik, asook ondersteunende inligting oor jou werk. Volg asb. die voorbereidingsriglyne vir TV, Rolprent & Video. Oorsig-video’s moet tot twee (2) minute beperk word. Indien dit nodig geag word, kan die volledige werk die oorsig van twee (2) minute vergesel.
  • Ons beveel ook aan dat ’n geredigeerde weergawe van 30 sekondes vir die bekroningsgeleentheid verskaf word.

d.    INDIEN VAN KLANK-LÊERS

  • Jy kan ondersteunende klank-lêers saam met jou inskrywing indien (soos radio-advertensies). Jy moet die voorbereidingsriglyne vir klank-inskrywings volg.

 

 

7. Lewende Gebeurtenisse/Geleenthede, Aktiverings & Borgskap

 

Geen fisieke inskrywings sal in hierdie kategorie toegelaat word nie. Jy kan ’n video en/of ’n jpeg-aanbieding indien.

ONS SAL GEEN VERVANGINGSMATERIAAL (REPLACEMENT MATERIAL) AANVAAR NIE, maak dus seker dat die weergawe wat jy laai, die korrekte en finale materiaal is.

MOENIE JOU NAAM OF JOU AGENTSKAPSHANDELSMERKING OP JOU INSKRYWING AANBRING NIE. Alle werk word anoniem beoordeel, dus moet jy seker maak dat geen verwysing na jou agentskap by die inskrywing gevoeg word nie.

 

a.    INDIEN JPEGS GEBRUIK WORD: HOOGSTENS 10 JPEGS WORD TOEGELAAT

  • SLEGS hoë resolusie (300dpi) jpegs.
  • Minimum breedte moet 2400 beeldpunte (pixels) wees.
  • Maksimum lêergrootte is 10MB per beeld.
  • Die aanbiedingsbeelde sal ’n opsomming van jou inskrywing wees en sal vir beoordeling gebruik word, asook op die skerm by die bekroningsgeleentheid, sou jou werk wen.
  • Indien daar enige teks op jou beelde is, maak asb. seker dat dit leesbaar is wanneer dit vir ’n gehoor van sowat 15 mense voorgelê word. Die beeld sal op ’n skerm verskyn en op ’n afstand van minstens 3 tot 5 meter besigtig word.
  • Vir werk met fyner besonderhede en/of logo’s wat deur die beoordelaars besigtig moet word, verskaf asb. groter beelde.
  • Beperk die teks tot die minimum aangesien beoordelaars nie lang paragrawe teks op die skerm kan lees nie. Gebruik die ‘beskrywing’- seksie op die inskryfvorm vir addisionele inligting oor die inskrywing.
  • HOE OM JOU JPEG-LÊERS TE STUUR – LAAI OP MET BEHULP VAN ONS AANLYN-INSKRYFSTELSEL
    • Jy kan jou lêers direk op jou mediabiblioteek laai met behulp van die aanlyn-inskryfproses. Jy het die keuse om jou lêers te laai wanneer jy jou inskryfvorm voltooi, of om dit later te laai. Meld net aan om in jou rekening te kom en skep of bestuur jou media.

b.    INDIEN JY VIDEO GEBRUIK

  • Kan jy rolprentmateriaal van die inskrywing self gebruik, asook ondersteunende inligting oor jou werk. Volg asb. die voorbereidingsriglyne vir TV, Rolprent & Video. Oorsig-video’s moet tot twee (2) minute beperk word. Indien dit nodig geag word, kan die volledige werk die oorsig van twee (2) minute vergesel.
  • Ons beveel ook aan dat ’n geredigeerde weergawe van 30 sekondes vir die bekroningsgeleentheid verskaf word.

 

 

8. Oorspronklik Afrikaans

 

  • Die formaatriglyne soos aangedui in elke kategorie, is ook van toepassing op die kategorie Oorspronklik Afrikaans.

 

9. Kleinhandel-Kommunikasie

 

  • Die formaatriglyne soos aangedui in elke kategorie, is ook van toepassing op die kategorie Kleinhandel-kommunikasie.

 

10. Geïntegreerde Veldtog

 

Verskaf asb. ’n oorsig van jou veldtog as ’n hegte inskrywing – moenie net veelvoudige elemente indien nie. Gebruik enige kombinasie van borde, jpegs, video en/of klank waar toepaslik, en verskaf ’n geskrewe beskrywing wat die beoordelaars in staat sal stel om jou inskrywing te verstaan.

ONS SAL GEEN VERVANGINGSMATERIAAL (REPLACEMENT MATERIAL) AANVAAR NIE, maak dus seker dat die weergawe wat jy laai of vir ons stuur, die korrekte en finale materiaal is.

Veelvoudige elemente mag aangebied word deur enige kombinasie van borde, jpegs, video en/of klank te gebruik.

 

a.    INDIEN JY BORDE INDIEN, MOENIE SKUIMBORD GEBRUIK NIE

  • Gebruik dun, stywe karton tot hoogstens A2-grootte. Jy kan meer as een bord gebruik sou dit nodig wees vir jou inskrywing, maar hoogstens 10 borde – veelvoudige borde moenie aan mekaar geheg wees nie. Gebruik ’n kombinasie van beeldmateriaal asook geskrewe beskrywings wanneer nodig om jou bord voor te berei.
  • DRUK EN HEG JOU INSKRYFETIKET AGTER AAN ELKE BORD OF DRIEDIMENSIONELE STUK. Nadat jy jou aanlyn-inskrywing voltooi het en die inskryfetikette gedruk het, plek die korrekte etiket aan die agterkant van die ooreenstemmende fisieke inskrywing. Indien jou inskrywing uit meer as een (1) stuk bestaan, heg asb. ’n etiket aan elke stuk en merk die stukke dienooreenkomstig, bv. Deel 1 van 4, Deel 2 van 4, ens.
  • MOENIE JOU NAAM OF JOU AGENTSKAPSHANDELSMERKING OP JOU INSKRYWING AANBRING NIE. Alle werk word anoniem beoordeel, dus moet jy seker maak dat geen verwysing na jou agentskap by die inskrywing gevoeg word nie. Gebruik slegs die etikette wat verskaf word om jou inskrywing te identifiseer. Alle monterings, omslae, versierings, ens. moet geen agentskapshandelsmerking bevat nie. Indien nodig, sal die Pendoring-personeel sodanige handelsmerking verwyder of bedek.
  • VERSKAF JPEGS VAN BORDE – HOOGSTENS 10 JPEGS.
  • Jy moet jpeg-lêers verskaf van enige fisieke werk wat vir beoordeling ingedien word – of dit op borde of as ’n driedimensionele stuk aangebied word. Dit sal by die bekroningsgeleentheid op die skerm gebruik word, sou jou werk wen. Vir veldtogte en werk wat op borde ingedien word – jy moet elke beeld as ’n afsonderlike jpeg-lêer verskaf. Let wel: As jou inskrywing slegs ’n elektroniese jpeg-aanbieding is, sal ons hierdie materiaal vir die bekroningsgeleentheid gebruik en hoef jy nie bykomende jpegs in te dien nie. Volg asb. die spesifikasie in Seksie B hieronder.

b.    INDIEN JPEGS GEBRUIK WORD: HOOGSTENS 10 JPEGS WORD TOEGELAAT

  • SLEGS hoë resolusie (300dpi) jpegs.
  • Minimum breedte moet 2400 beeldpunte (pixels) wees.
  • Maksimum lêergrootte is 10MB per beeld.
  • Die aanbiedingsbeelde sal ’n opsomming van jou inskrywing wees en sal vir beoordeling gebruik word, asook op die skerm by die bekroningsgeleentheid, sou jou werk wen.
  • Indien daar enige teks op jou beelde is, maak asb. seker dat dit leesbaar is wanneer dit vir ’n gehoor van sowat 15 mense voorgelê word. Die beeld sal op ’n skerm verskyn en op ’n afstand van minstens 3 tot 5 meter besigtig word.
  • Vir werk met fyner besonderhede en/of logo’s wat deur die beoordelaars besigtig moet word, verskaf asb. groter beelde.
  • Beperk die teks tot die minimum aangesien beoordelaars nie lang paragrawe teks op die skerm kan lees nie. Gebruik die ‘beskrywing’- seksie op die inskryfvorm vir addisionele inligting oor die inskrywing.
  • HOE OM JOU JPEG-LÊERS TE STUUR – LAAI OP MET BEHULP VAN ONS AANLYN-INSKRYFSTELSEL
    • Jy kan jou lêers direk op jou mediabiblioteek laai met behulp van die aanlyn-inskryfproses. Jy het die keuse om jou lêers te laai wanneer jy jou inskryfvorm voltooi, of om dit later te laai. Meld net aan om in jou rekening te kom en skep of bestuur jou media.

c.    INDIEN JY VIDEO GEBRUIK

  • Kan jy rolprentmateriaal van die inskrywing self gebruik, asook ondersteunende inligting oor jou werk. Volg asb. die voorbereidingsriglyne vir TV, Rolprent & Video. Oorsig-video’s moet tot twee (2) minute beperk word. Indien dit nodig geag word, kan die volledige werk die oorsig van twee (2) minute vergesel.
  • Ons beveel ook aan dat ’n geredigeerde weergawe van 30 sekondes vir die bekroningsgeleentheid verskaf word.

d.    INDIEN KLANK GEBRUIK WORD

  • Jy kan ondersteunende klanklêers saam met jou inskrywing verskaf (soos radio-advertensies). Jy moet die voorbereidingsriglyne volg vir Radio.

 

 

11. Studentetoekennings

 

Alle inskrywings in die Studentekategorieë kan nagegaan word aan die hand van die ooreenstemmende riglyne in die professionele kategorieë.

Studentewerk moet geskep word op grond van werk wat deur opvoedkundige inrigtings in Suid-Afrika gebruik en voorgeskryf word.

ONTHOU: Die beoordelaars besigtig honderde inskrywings – waar nodig, verskaf bykomende inligting om hulle te help om jou inskrywing ten opsigte van ons beoordelingskriteria te verstaan: Innovasie, Gehalte van uitvoering, Relevansie tot die Handelsnaam, Teikengehoor en Verkose Medium.