Voorbereidingsriglyne

INSKRYWINGS: VOORBEREIDINGSRIGLYNE EN -WENKE

 

Die volgende riglyne sal jou help met die voorbereiding van en instuur van jou inskrywings. Maak asb. seker dat jy al die instruksies gelees het en as jy enige vrae het, tree asb. met ons in verbinding.

Algemene riglyne word hieronder verskaf, gevolg deur bepaalde instruksies vir elke kategorie.

  1. Maak die lewe van die beoordelaars makliker. Jou inskrywing moet goed aangebied word, duidelik wees en maklik om te verstaan en moet beoordelaars help om dit ten opsigte van die beoordelingskriteria te verstaan: innovasie, gehalte van uitvoering, relevansie met betrekking tot die handelsnaam, teikengehoor en gekose medium.
  2. Alle werk word anoniem beoordeel. Verseker asb. dat daar geen verwysing na die agentskap op die inskrywing sigbaar is nie. Alle monterings, vouers, versiering, ens. mag nie enige agentskaphandelsname op hê nie. Indien nodig, sal die Pendoring-organiseerders hierdie handelsname verwyder of bedek.
  3. Alle inskrywings is enkelinskrywings, tensy dit anders aangedui word. Byvoorbeeld, plakkate vir dieselfde veldtog moet individueel ingeskryf word, nie verskeie as een (1) inskrywing nie. As verskeie stukke na die oordeel van die beoordelaarspaneel ’n veldtog vorm, sal hierdie inskrywings in een veldtogtoekenning saamgevoeg word.
  4. Volg deurgaans die riglyne vir elke medium en maak seker elke inskrywing is in die korrekte formaat. Video-inskrywings moet byvoorbeeld volgens die spesifikasies gelewer word – ’n laegehalte QuickTime-video sal nie op ons groot beoordelaarskerm beïndruk nie.
  5. Wees netjies. Sny en plak elke element van jou werk noukeurig. Omgebuigde en los elemente word nooit goed ontvang nie.
  6. Wanneer jy borde saam met jou inskrywing indien, MOENIE skuimbord gebruik nie. Gebruik dun, stewige karton tot ’n MAKSIMUM GROOTTE VAN A2. Veelvoudige borde moenie aanmekaar geheg word nie. Gebruik ’n kombinasie van beeldmateriaal, asook geskrewe beskrywings waar nodig om te bord te bou.
  7. SLUIT ALLE NODIGE VERTALINGS IN: Alle nie-Engelse inskrywings moet van vertalings vergesel word. Dit kan ’n geskrewe vertaling wees of, in die geval van video of klanklêers, moet subtitels ingesluit wees. Sluit alle nodige verduidelikings vir die beoordelaars in om die konteks van die vertaling te verstaan.

 

ONTHOU OM:

 

Maak asseblief seker dat jy soveel inligting moontlik as agtergrond vir jou inskrywing verskaf. Indien moontlik en waar nodig, neem die beoordelaars deur jou inskrywing deur alle aspekte daarvan te verduidelik, met inbegrip van strategie, innoverende idees, teikengehoor en verskaf alle resultate tot jou beskikking.

Oorsig-video’s moet tot TWEE (2) minute beperk word. Indien dit nodig geag word, mag die inskrywing van twee (2) minute vergesel word van die vollengte weergawe.

Wanneer veelvoudige elemente van ’n veldtog in verskeie kategorieë ingeskryf word, is dit noodsaaklik dat die inskrywing toepaslik beskryf word vir elke kategorie. As die beoordelaars nie die elemente wat relevant is vir die kategorie geredelik kan ontsyfer nie, sal dit teen jou inskrywing tel. Wanneer ’n oorsig-video verskaf word, word dit sterk aanbeveel dat die aanbieding pasgemaak/aangepas word om die elemente wat die relevantste is vir die gekose kategorie beklemtoon word.

 

Alle video-inskrywings moet tot twee (2) minute geredigeer word.

  1. Ons beveel aan dat ’n geredigeerde weergawe van 30 sekondes ook vir die bekroningsgeleentheid verskaf word – volg asseblief die voorbereidingsriglyne vir TV, Rolprent en Video.
  2. INDIENING VAN KLANKLÊERS. Jy kan aanvullende klanklêers met jou inskrywing (soos radio-advertensies) verskaf. Volg asb. die voorbereidingsriglyne vir alle klankinskrywings.
  3. SLUIT ALLE NODIGE VERTALINGS IN – Alle inskrywings moet van vertalings vergesel word. Dit kan ’n geskrewe vertaling wees of, in die geval van video- of klanklêers, moet subtitels ingesluit wees. Sluit alle nodige verduidelikings vir die beoordelaars in om die konteks van die vertaling te verstaan.

 

KLIK HIER VIR KATEGORIE RIGLYNE