Stuur van inskrywings

  • Om vir Pendoring in te skryf, volg asb. die eenvoudige registrasie- en Hoe om in te skryf-aanwysings op die webtuiste.
  • Die gebruikersvriendelike navigasie stel deelnemers in staat om inskrywings te eniger tyd gedurende die inskrywingsproses te redigeer of inligting by te voeg, vanaf enige rekenaar met internetverbinding.
  • Alle inskryfvorms moet aanlyn ingevul word. Jy sal ’n belastingfaktuur per e-pos ontvang en via hierdie webwerf aanlyn toegang hê tot alle fakture en inskrywings.
  • Jy sal al die nodige vorms, etikette en fakture tydens die aanlyn-inskryfproses kan druk, met inbegrip van inskryf- en verpakkingsetikette en inskryflyste.
  • Vir fisieke inskrywings wat na die Pendoring-kantoor gestuur word, maak seker dat die korrekte inskryfetikette aan ELKE ENKELE STUK geheg word.

 

Stuur pakkette om die bestemming voor of op die KEERDATUM van 1 Augustus 2017 te bereik:
 

Pendoring

Media Park

Kingswaylaan 69

Auckland Park
 

Vir aandag: Nicci Scholtz

Tel: +27 11 713 9781; Sel: 071 379 8170

Pendoring aanvaar geen verantwoordelikheid vir materiaal wat ná die keerdatum arriveer nie.