Pendoring-finaliste weerspieƫl rykdom van Suid-Afrika se diversiteit

Soos verlede jaar, toe die Pendoring Reklametoekennings alle inheemse tale (met die uitsondering van Engels) verwelkom het om op gelyke voet mee te ding, het vanjaar se inskrywings weer 'n groot verskeidenheid uithalerwerk opgelewer wat die rykdom van Suid-Afrika se kulturele en taaldiversiteit weerspieël. 

Die beoordelaars het drie dae lank volstoom by Mediapark, Aucklandpark gewerk en koppe bymekaar gesit om die werk te sif en vanjaar se finaliste aan te wys.

Altesaam 27 reklame-agentskappe het vanjaar 98 finaliste opgelewer. Met 13 finaliste, is Joe Public weer die voorloper, gevolg deur Red September en The Odd Number met 8 finaliste elk en Mortimer Harvey met 7 finaliste.

Tersiêre instellings het vir 25 finaliste gesorg, met Noordwes-Universiteit aan die voorpunt met 8 finaliste, gevolg deur Stellenbosch Academy of Design and Photography, Vega School of Brand Leadership (Johannesburg en Pretoria) en AAA School of Advertising (Johannesburg en Kaapstad) wat elk 4 finaliste opgelewer het.

Soos voorheen, het die kategorie Radiokommunikasie vir die meeste inskrywings gesorg, naamlik 102.  Die kategorie Televisie-, Rolprent- en Videokommunikasie het met beduidende groei verras en altesaam 86 inskrywings opgelewer, gevolg deur die kategorie Drukmedia, met 33 inskrywings. Tersiêre instellings het vanjaar vir altesaam 79 inskrywings in die onderskeie studentekategorieë gesorg.

Pendoring se glansryke bekroningsaand vind op Vrydag, 27 Oktober 2017 by Vodacom World, Midrand plaas. Kaartjies is nou te koop by Corrie le Roux (corrie@vibrantmedia.co.za of 011 880 5202). Studente ontvang 25% afslag op kaartjies.

Sluit aan by die Pendoring Facebook-groep of volg @Pendoring_ op Twitter en gebruik die hutsteken #Pendoring.

Kliek hier vir die 2017 Finaliste lys.
 

2017 Pendoring-beoordelaars

Agter, links na regs:

Veli Ngubane, Hoof skeppende beampte, AVATAR

Sibusiso Sitole, Uitvoerende skeppende hoof, The Odd Number

Willie Struwig, Skeppende hoof, Publicis Machine

Nkgabiseng Motau, Medestigter & Skeppende hoof, Think Creative Hub

Wynand Botha, Skeppende hoof, Abnormal Group

Middel, links na regs:

Melusi Tshabalala, Uitvoerende skeppende hoof/Besturende vennoot, Studio 214

Neo Mashigo, Skeppende vennoot, M&C Saatchi Group

André de Wet, Groephoof: Kopieskrywer, FCB Kaapstad

Carl Willoughby, Uitvoerende skeppende hoof, Openco

Pepe Marais, Hoof skeppende beampte, Joe Public (Jurie-voorsitter)

Voor, links na regs:

Marius van Rensburg, Uitvoerende skeppende hoof, Ninety9cents Communications Kaapstad

Nerine Gardiner, Senior kopieskrywer, Ninety9cents Communications Jhb

Annette Nel, Uitvoerende skeppende hoof, Baie-Lingual Concepts

Vumile Mavumengwana, Skeppende hoof, VM DSGN

Louis Enslin, Eienaar/Ingenieur, Produce Sound (Spesialis-beoordelaar: Radio)

Afwesig: Richardt Strydom, Inhoudshoof, Breinstorm Brand Architects (Spesialis-beoordelaar: Studente)