Pendoring 2017 se wenners: Suid-Afrika se inheemse tale kraai koning!

VIVA Suid-Afrika se inheemse tale! Vir die tweede jaar agtereenvolgens het die reklame-agentskap The Odd Number in Johannesburg weggestap met Pendoring se gesogte Umpetha-toekenning vir die beste advertensie in 'n inheemse taal, met uitsondering van Afrikaans. En anders as verlede jaar, toe dié agentskap die Umpetha-toekenning moes deel, het hy vanjaar alleen met die louere weggestap.

The Odd Number se wenveldtog (in Zoeloe), getiteld Hell’s Kitchen, is vir BBC Lifestyle geskep.

'n Groot verrassing van die aand was die beoordelaars se besluit om eenmalig 'n toekenning te doen vir 'n voortreflike Afrikaanse Openbarediens-advertensie. Dit het gegaan aan 7Films en Y&R South Africa vir hul TV-advertensie, Almal Weet, vir die Wes-Kaapse Regering. Die beoordelaars was vol lof vir die aweregse, humoristiese aanslag in dié veldtog teen dronkbestuur in Suid-Afrika.

Helaas het die Afrikaanse inskrywings vanjaar geen algehele wenner opgelewer nie, en is die Prestige-toekenning nie toegeken nie. Sowel die Umpetha- as die Prestige-toekenning behels elkeen 'n oorsese studiereis ter waarde van R100 000. Goue wenners het elk R6 000 en 'n goue Pendoring-trofee ontvang en silwer wenners elk R2500 en 'n silwer Pendoring-trofee. Goue vernufwenners het elk met R3 000 en 'n goue Pendoring-trofee weggestap.

Soos in die professionele kategorieë, was daar in die studente-kategorie net een algehele wenner, ook in 'n nie-Afrikaanse inheemse taal. Taurai Valerie Mtake van die Greenside Design Center College of Design het met haar Ndebele-inskrywing getiteld Reviving the Bantu Symbol Writing into contemporary visual culture, beïndruk. Dit was ook die enigste studente-inskrywing wat met 'n goue Pendoring bekroon is.

As algehele studentewenner het Mtake R16 000 ontvang: R10 000 as algehele wenner en R6 000, asook 'n goue trofee, as kategoriewenner. Studentewenners wat silwer verower het, het R2 500 en 'n silwer trofee ontvang.

Alle goue en silwer kategoriewenners kry ook 'n Pendoring-sertifikaat wat eersdaags by hul agentskappe afgelewer word.

Die 2017 Pendoring-wenners is gisteraand, 27 Oktober 2017, tydens ’n glansgeleentheid by Vodacom World in Midrand onder dawerende applous aangekondig. Dit was 'n ware Suid-Afrikaanse viering van kreatiwiteit en werk met unieke, plaaslike insigte wat die rykheid en veelsydigheid van ons moedertale verken, is bekroon en gevier.

Die aand se vermaak deur van die land se voorste kunstenaars en groepe soos die komediant Pietman die Skot, SA's Got Talent-wenner DJ Arch Jr., die kletsrym- /hiphop-groep Bittereinder en die SAMA-benoemde kletsrymer Zubz, kitaar-en-viool-duo DECA en The Voice-ster Sofaya, het ook die gehoor op hul voete gehad.

Soos dikwels in die verlede, het die gehalte van die inskrywings in die kategorie radiostasie-advertensies, met inbegrip van vernuf, beoordelaars vanjaar weer mateloos beïndruk en is nie minder as 5 goue en 3 silwer trofeë toegeken nie.

Inskrywings in die TV-kategorie, met inbegrip van vernuf, het vanjaar ook behoorlik gesprankel, aldus die beoordelaars. Benewens 2 goue trofeë, is ook 5 silwer Pendorings toegeken. Vernufinskrywings was in die algemeen ook baie skerp, en benewens die 3 goue vernuftoekennings (2 in die radio- en 1 in die TV-kategorie), is altesaam 11 vernufsertifikate toegeken.

In die kategorie Oorspronklik Afrikaans is 1 silwer trofee toegeken.

Altesaam 11 goue en 24 silwer trofeë is toegeken: 10 goues aan die professionele agentskappe en 1 goue Pendoring aan studente, met 19 silwer aan die professionele agentskappe en 5 silwer aan studente.

Van die 10 goues wat aan die agentskappe toegeken is, het The Odd Number met 4 goues weggestap, gevolg deur J. Walter Thompson en 7Films/ Y&R South Africa met 2 elk. Joe Public en Abnormal Group het elk 1 goue Pendoring verower.

Wat die silwer trofeë betref, is Joe Public en Ogilvy & Mather Johannesburg elk met 4 bekroon, gevolg deur Abnormal Group, Black Khaki en FCB 1886 met 2 elk, en FCB Kaapstad, Just Design, Fort, Newton’s Third, Lucan, 7Films & The Make Beautiful Agency met 1 silwer elk.

Benewens die enkele goue trofee in die studentekategorie wat aan Greenside Design Center College of Design gegaan het, is silwer toegeken aan: Noordwes-Universiteit (2); Stellenbosch Academy of Design (2) en Red & Yellow School of Logic and Magic (Kaapstad) (1).

Met uitsondering van die ontwerp-kategorieë, het die ander studentekategorieë vanjaar nie die gebruiklike oes uitsonderlike werk opgelewer nie, het die beoordelaars bevind.

 

AL DIE 2017 PENDORING-WENNERS

Televisie-/Rolprentadvertensies met ’n produksiebegroting bó R1 miljoen

SILWER

Titel: Silly Spender
Agentskap: Ogilvy & Mather Johannesburg
Adverteerder: MultiChoice DStv
Taal: Zoeloe


SILWER

Titel: Vat die Stof my Bra
Agentskap: Black Khaki
Adverteerder: BUCO Hardware Buildware
Taal: Afrikaans
 
 

Televisie-/Rolprentadvertensies met ’n produksiebegroting onder R1 miljoen


GOUD

Titel: Almal weet
Agentskap: 7Films, Y&R South Africa
Adverteerder: Wes-Kaapse Regering
Taal: Afrikaans


SILWER

Titel: Pocket
Agentskap: 7Films & The Make Beautiful Agency
Adverteerder: Channel O
Taal: Zoeloe


SILWER

Titel: Krieket
Agentskap: Lucan
Adverteerder: NetNuus
Taal: Afrikaans
 
 

Televisie-, Rolprent- en Videokommunikasie – Internetvideo

SILWER

Titel: Ag Shem
Agentskap: Ogilvy & Mather Johannesburg
Adverteerder: MultiChoice DStv
Taal: Zoeloe
 
 

Televisie-, Rolprent- en Videokommunikasievernuf – Kinematografie

VERNUFSERTIFIKAAT

Titel: Vat die Stof my Bra
Agentskap: Black Khaki
Adverteerder: BUCO Hardware Buildware
Taal: Afrikaans
 
 

Televisie-, Rolprent- en Videokommunikasievernuf – Regie

GOUD

Titel: Almal weet
Agentskap: 7Films, Y&R South Africa
Adverteerder: Wes-Kaapse Regering
Taal: Afrikaans
 
 

Televisie-, Rolprent- en Videokommunikasievernuf – Uitvoering

VERNUFSERTIFIKAAT

Titel: Silly Spender
Agentskap: Ogilvy & Mather Johannesburg
Adverteerder: MultiChoice DStv
Taal: Zoeloe
 
 

Televisie-, Rolprent- en Videokommunikasievernuf – Spesiale Visuele Effekte

VERNUFSERTIFIKAAT

Titel: Veldtog: iWyze takes control when you can’t
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: iWyze
Taals: Afrikaans, Zoeloe
 
 

Televisie-, Rolprent- en Videokommunikasievernuf – Kopieskryf

VERNUFSERTIFIKAAT

Titel: Vat die Stof my Bra
Agentskap: Black Khaki
Adverteerder: BUCO Hardware Buildware
Taal: Afrikaans
 
 

Oorspronklik Afrikaans

SILWER

Titel: Vat die Stof my Bra
Agentskap: Black Khaki
Adverteerder: BUCO Hardware Buildware
Taal: Afrikaans
 
 

Kommunikasieontwerp: Handelsnaamidentiteit en Kollaterale Ontwerp – Plakkate en Buitelugborde

SILWER

Titel: Veldtog: Die Toep vir Tuinmaak
Agentskap: Abnormal Group
Adverteerder: Gardening with Babylonstoren
Taal: Afrikaans
 
 

Kommunikasieontwerp: Driedimensionele en Omgewingsontwerp – Verpakkings- en Nywerheidsontwerp

SILWER

Titel: Keldermeester-versameling
Agentskap: Just Design
Adverteerder: Lanzerac
Taal: Afrikaans
 
 

Kommunikasieontwerp: Bewegende en Digitale Grafiese Ontwerp – Uitsaaiontwerp en Grafika

SILWER

Titel: MTV Base Africa Channel Rebrand
Agentskap: Fort
Adverteerder: Viacom/MTV Base Africa
Taal: Zoeloe
 
 

Kommunikasieontwerp: Ontwerpvernuf – Illustrasie

VERNUFSERTIFIKAAT

Titel: Zam-Buk Pocket-sized Heritage
Agentskap: J. Walter Thompson Johannesburg
Adverteerder: Zam-Buk
Taal: Zoeloe
 
 

Geïntegreerde Veldtog

GOUD

Titel: The Ridge
Agentskap: Abnormal Group
Adverteerder: Craft Homes
Taal: Afrikaans
 
 

Buitelug & Buitenshuis: Omgewings- en Alternatiewe Media

SILWER

Titel: Veldtog: Bossies oor Baarde
Agentskap: Newton's Third
Adverteerder: Headcase Barbers International
Taal: Afrikaans
 
 

Gedrukte kommunikasie: Koerantadvertensies

SILWER

Titel: Veldtog: Spasie vir die hele gesin
Agentskap: Abnormal Group
Adverteerder: Craft Homes
Taal: Afrikaans
 
 

Gedrukte kommunikasie: Tydskrifadvertensies

SILWER

Titel: Veldtog: Kopseer
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Adcock Ingram
Taal: Afrikaans
 
 

Gedrukte kommunikasie: Binnenshuise plakkate

SILWER

Titel: XXXL Aartappelskyfies
Agentskap: FCB 1886
Adverteerder: Steers
Taal: Afrikaans


GOUD

Titel: Zam-Buk Pocket-sized Heritage
Agentskap: J. Walter Thompson Johannesburg
Adverteerder: Zam-Buk
Taal: Zoeloe
 
 

Gedrukte kommunikasie: Buitelug en Buitenshuise Vernuf - Kunsleiding

VERNUFSERTIFIKAAT

Titel: XXXL Aartappelskyfies
Agentskap: FCB 1886
Adverteerder: Steers
Taal: Afrikaans


GOUD

Titel: Zam-Buk Pocket-sized Heritage
Agentskap: J. Walter Thompson Johannesburg
Adverteerder: Zam-Buk
Taal: Zoeloe
 
 

Radiostasieadvertensies

GOUD

Titel: After Tears
Agentskap: The Odd Number
Adverteerder: Brand South Africa
Taal: Zoeloe


SILWER

Titel: Veldtog: Valentines
Agentskap: Ogilvy & Mather Johannesburg
Adverteerder: MultiChoice DStv
Taal: Sepedi, Zoeloe


SILWER

Titel: Veldtog: Hy het daarvoor gevra
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: People Opposing Women Abuse (POWA)
Taal: Afrikaans


SILWER

Titel: Veldtog: Valentine’s Day Inner Peace
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Chicken Licken
Taal: Zoeloe


GOUD

Titel: Veldtog: Amagxaba Angay’zolo
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Jet
Taal: Zoeloe


GOUD

Titel: Veldtog: Hell’s Kitchen
Agentskap: The Odd Number
Adverteerder: BBC Lifestyle
Taal: Zoeloe
 
 

Radiostasieadvertensies:  Handelsnaaminhoud

SILWER

Titel: Zazi Mother's Day Dedication
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Centre for Communication Impact
Taal: Zoeloe
 
 

Radiostasieadvertensies – Vernuf – Oorspronklike Musiek en Klankontwerp

VERNUFSERTIFIKAAT

Titel: Klink soos harde werk
Agentskap: BBDO Kaapstad
Adverteerder: Coronation
Taal: Afrikaans
 
 

Radiostasieadvertensies – Vernuf – Uitvoering

GOUD

Titel: After Tears
Agentskap: The Odd Number
Adverteerder: Brand South Africa
Taal: Zoeloe


GOUD

Titel: Veldtog: Hell’s Kitchen
Agentskap: The Odd Number
Adverteerder: BBC Lifestyle
Taal: Zoeloe


VERNUFSERTIFIKAAT

Titel: Vat die Stof my Bra
Agentskap: Black Khaki
Adverteerder: BUCO Hardware Buildware
Taal: Afrikaans
 
 

Radiostasieadvertensies – Vernuf – Kopieskryf

VERNUFSERTIFIKAAT

Titel: After Tears
Agentskap: The Odd Number
Adverteerder: Brand South Africa
Taal: Zoeloe


VERNUFSERTIFIKAAT

Titel: Veldtog: Slegte Dag
Agentskap: FCB Kaapstad
Adverteerder: Blooms Apteek
Taal: Afrikaans


VERNUFSERTIFIKAAT

Titel: Veldtog: Hell’s Kitchen
Agentskap: The Odd Number
Adverteerder: BBC Lifestyle
Taal: Zoeloe
 
 

Kleinhandelkommunikasie

SILWER

Titel: GeCell C
Agentskap: FCB 1886, FCB Kaapstad
Adverteerder: Cell C
Taal: Afrikaans


SILWER

Titel: Silly Spender
Agentskap: Ogilvy & Mather Johannesburg
Adverteerder: MultiChoice DStv
Taal: Zoeloe
 
 

Studente

 

Studente - Geïntegreerde Veldtog

SILWER

Titel: Suiwerbek Slingersous: Rêk Jou Bêk in Jou Eie Dialêk
Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Studente: Suné Potgieter, Grace Serfontein
Taal: Afrikaans
 
 

Studente - Gedrukte kommunikasie

SILWER

Titel: Veldtog: Kalklig – Geslag, Gevangenis
Tersiêre instelling: Stellenbosch Academy of Design and Photography
Student: Katherine Joubert
Taal: Afrikaans
 
 

Studente - Kommunikasieontwerp – Kollaterale ontwerp

SILWER

Titel: Wild op jou voorstoep
Tersiêre instelling: Stellenbosch Academy of Design and Photography
Student: Susan Duvenage
Taal: Afrikaans
 
 

Studente - Kommunikasieontwerp – Logo’s en Identiteitsprogramme

SILWER

Titel: “Shibit! Soet en Suur Grafies Ontwerper”
Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Student: Annemie van Vuuren
Taal: Afrikaans


SILWER

Titel: Umoya by DJ Zinhle
Tersiêre instelling: Red & Yellow School of Logic and Magic
Studente: Nick Pollet, Olehile Losaba
Taal: Zoeloe
 
 

Studente - Kommunikasieontwerp - Publikasieontwerp

GOUD

Titel: Reviving the “Bantu Symbol Writing” into contemporary visual culture
Tersiêre instelling: Greenside Design Center College of Design
Student: Taurai Valerie Mtake
Taal: Ndebele
 
 

Spesiale Toekennings


Algehele Studentewenner

Student: Taurai Valerie Mtake
Kategorie: Kommunikasieontwerp – Publikasieontwerp
Titel: Reviving the “Bantu Symbol Writing” into contemporary visual culture
Tersiêre instelling: Greenside Design Center College of Design
Taal: Ndebele
 

Umpetha-Toekenning

Agentskap: The Odd Number
Kategorie: Radiostasieadvertensies
Titel: Veldtog: Hell’s Kitchen
Adverteerder: BBC Lifestyle
Taal: Zoeloe
 

Openbare Dienstoekenning

Agentskap: 7Films, Y&R South Africa
Kategorie: Televisie-/ Rolprentteateradvertensie met ’n produksiebegroting onder R1 miljoen
Titel: Almal weet
Adverteerder: Wes-Kaapse Regering
Taal: Afrikaans
 

Geen Prestige Toekenning

 

Pendoring bedank graag die volgende borge en vennote:

Platinum: ATKV, kykNET, Netwerk24, Toyota

Goud: Virseker

Silwer: Caxton-gemeenskapskoerante, Huisgenoot, Mzansi Magic, Rapport, VIA TV

Brons: Ads24, Kuier, OFM

Vennote: e-Vati Mineraalwater, Leopard’s Leap Wines, Marklives.com, Maroela Media, Newsclip, Richelieu

Aanlyn-vennoot: Bizcommunity.com