The Odd Number pryk bo-aan 2017 Pendoring-ranglys

Met altesaam 64 punte agter sy naam, is die reklame-agentskap The Odd Number, wenner van die 2017 Pendoring Umpetha-toekenning, vanjaar bo-aan die Pendoring-ranglys.  In die tweede plek is Joe Public met 58 punte, gevolg deur 7Films met 40 punte. Die agentskappe Black Khaki en Ogilvy & Mather Johannesburg is gesamentlik in die vierde plek met 34 punte, gevolg deur Abnormal Group met 26 punte in die vyfde plek.

“Op aandrang van deelnemende agentskappe en op grond van sy unieke aard om bemarkingskommunikasie in al Suid-Afrika se inheemse tale (Engels uitgesluit) op gelyke voet te beoordeel en te bekroon, het Pendoring besluit om verlede jaar vir die eerste keer met sy eie ranglys vorendag te kom. Met die Cannes-reklamefees se ranglys as riglyn, is die punte volgens 'n puntegebaseerde metodologie toegeken om die algehele prestasie van elke agentskap, produksiehuis, tersiêre instelling en reklameskool te bepaal,” verduidelik Pendoring-hoofbestuurder, Franette Klerck.

Ander agentskappe wat ook op vanjaar se Pendoring-ranglys van die 20 top-agentskappe pryk, is: J. Walter Thompson Johannesburg (25 punte), 1886 (24), FCB Kaapstad en Y&R South Africa (19 elk), Mortimer Harvey (14), The Make Beautiful Agency (13), FCB Johannesburg (12), Lucan (11), Clearwater (10), Newton’s Third, Just Design en Fort (7 elk) en Ninety9Cents Communications met 6.

Onder die vyf top-tersiêre instellings en reklameskole loop Noordwes-Universiteit voor met 26 punte, gevolg deur Greenside Design Center College of Design met 20 en Stellenbosch Academy of Design & Photography met 18. Red & Yellow School of Logic & Magic Kaapstad is vierde met 9 punte, gevolg deur Vega School of Brand Leadership  Johannesburg en AAA School of Advertising Kaapstad met 6 punte elk.

Die punte is toegeken op grond van finalisstatus (2 punte), vernufsertifikate (4 punte), goue vernuf (7 punte) silwer Pendoring (5 punte) en goue Pendoring (8).  Pendoring se hoogste eerbewyse, die Umpetha- en Prestige-toekennings verdien elk 10 punte en die Openbarediens-toekenning 8 punte. 

“Die voordeel van die Pendoring-ranglys is dat dit 'n bondige oorsig gee van die prestasie van al die agentskappe, produksiehuise, tersiêre instellings en reklameskole ten opsigte van bogenoemde kriteria. Dit word ook heeltemal onafhanklik gedoen van enige ander plaaslike skeppende ranglys,” sê Klerck.

Agentskappe

Finalis

2pte

Vernuf-sertifikaat

4pte

Goue

Vernuf

7pte

Silwer

5pte

Goud

8pte

Umpetha/

Prestige

10pte

Openbare Diens

8pte

Punte-totaal

The Odd Number

16

8

14

 

16

10

 

64

Joe Public

26

4

 

20

8

 

 

58

7Films

12

 

7

5

8

 

8

40

Black Khaki

12

12

 

10

 

 

 

34

Ogilvy & Mather Johannesburg

10

4

 

20

 

 

 

34

Abnormal Group

8

 

 

10

8

 

 

26

J. Walter Thompson Johannesburg

6

4

7

 

8

 

 

25

1886

10

4

 

10

 

 

 

24

FCB Kaapstad

10

4

 

5

 

 

 

19

Y&R South Africa

4

 

7

 

8

 

 

19

Red September

16

 

 

 

 

 

 

16

Mortimer Harvey

14

 

 

 

 

 

 

14

The Make Beautiful Agency

8

 

 

5

 

 

 

13

FCB Johannesburg

12

 

 

 

 

 

 

12

Lucan

6

 

 

5

 

 

 

11

Clearwater

10

 

 

 

 

 

 

10

Newton’s Third

2

 

 

5

 

 

 

7

Just Design

2

 

 

5

 

 

 

7

Fort

2

 

 

5

 

 

 

7

Ninety9Cents Communications

6

 

 

 

 

 

 

6

Tersiêre instellings

 

 

 

 

 

 

 

 

Noordwes-Universiteit

16

 

 

10

 

 

 

26

Greenside Design Center College of Design

2

 

 

 

8

10

 

20

Stellenbosch Academy of Design & Photography

8

 

 

10

 

 

 

18

Red & Yellow School of Logic & Magic Kaapstad

4

 

 

5

 

 

 

9

Vega School of Brand Leadership Johannesburg

6

 

 

 

 

 

 

6

AAA School of Advertising Kaapstad

6

 

 

 

 

 

 

6