Ads24 vier moedertaalreklame met Pendoring

 Ads24, Suid-Afrika se voorste verkoper en bemarker van Media24 se gedrukte en digitale koerantaanbieding aan nasionale adverteerders en media-agentskappe, gee erkenning aan die belang van moedertaalreklame met sy goue borgskap van vanjaar se Pendoring Reklametoekennings.

Christo Brits, sakebestuurder van die Afrikaanse dagblaaie, sê daar is ’n veel groter kans dat ’n advertensie in sy of haar inheemse taal ’n moedertaalspreker sal oortuig om die produk te koop omdat dit letterlik tot die verbruiker spreek in ’n taal wat hy of sy verstaan. Vertroue en lojaliteit is ook onlosmaaklik deel van ’n mens se mediaverbruik in jou eerste taal.

“Studies het getoon dat lesers van publikasies soos byvoorbeeld Beeld, Rapport en Die Burger baie makliker oortuig word deur wat hulle in hul moedertaalmedia lees, en dit makliker glo,” sê Brits.

“Handelsname wat geassosieer word met die media wat die leser vertrou, vind byval by die leser en raak in eie reg handelsname wat deur die taalgroep vertrou word.

“Omdat die skeppende aspek van elke taal uniek is en ’n vertaling dit moeilik ewe elegant as die oorspronklike kan weergee, kan dit net in adverteerders se guns tel as hulle die moontlikhede van moedertaalreklame ontgin en dit ten volle benut deur die regte kanale in te span.

“Moedertaalreklame moet eweneens ondersteun word en erkenning geniet deur instellings soos die Pendoring Reklametoekennings.”

Brits sê Ads24 is al sedert 2007 ’n borg van die toekennings en die waarde daarvan kom veral tot uiting in sy rol as beskermheer van kreatiwiteit in die tale van inheemse groepe. Die ryke kulturele erfenis wat Suid-Afrika so uniek maak, is iets wat gevier moet word. Skeppende mense moet aangemoedig word om Afrikaanse veldtogte te skep wat skerpsinnig en aan die voorpunt is sodat dit ’n Suid-Afrikaanse kultuur waarop ons almal trots kan wees, kan versterk en help uitbou.

“Pendoring het die handelsnaam ‘Eg Suid-Afrikaans’ in 2012 geregistreer en dit, saam met die suksesvolle bekendstelling van die Umpetha-toekenning by die 2012 Pendoring-Ads24, Suid-Afrika se voorste verkoper en bemarker van Media24 se gedrukte en digitale koerantaanbieding aan nasionale adverteerders en media-agentskappe, gee erkenning aan die belang van moedertaalreklame met sy goue borgskap van vanjaar se Pendoring Reklametoekennings.

Christo Brits, sakebestuurder van die Afrikaanse dagblaaie, sê daar is ’n veel groter kans dat ’n advertensie in sy of haar inheemse taal ’n moedertaalspreker sal oortuig om die produk te koop omdat dit letterlik tot die verbruiker spreek in ’n taal wat hy of sy verstaan. Vertroue en lojaliteit is ook onlosmaaklik deel van ’n mens se mediaverbruik in jou eerste taal.

“Studies het getoon dat lesers van publikasies soos byvoorbeeld Beeld, Rapport en Die Burger baie makliker oortuig word deur wat hulle in hul moedertaalmedia lees, en dit makliker glo,” sê Brits.

“Handelsname wat geassosieer word met die media wat die leser vertrou, vind byval by die leser en raak in eie reg handelsname wat deur die taalgroep vertrou word.

“Omdat die skeppende aspek van elke taal uniek is en ’n vertaling dit moeilik ewe elegant as die oorspronklike kan weergee, kan dit net in adverteerders se guns tel as hulle die moontlikhede van moedertaalreklame ontgin en dit ten volle benut deur die regte kanale in te span.

“Moedertaalreklame moet eweneens ondersteun word en erkenning geniet deur instellings soos die Pendoring Reklametoekennings.”

Brits sê Ads24 is al sedert 2007 ’n borg van die toekennings en die waarde daarvan kom veral tot uiting in sy rol as beskermheer van kreatiwiteit in die tale van inheemse groepe. Die ryke kulturele erfenis wat Suid-Afrika so uniek maak, is iets wat gevier moet word. Skeppende mense moet aangemoedig word om Afrikaanse veldtogte te skep wat skerpsinnig en aan die voorpunt is sodat dit ’n Suid-Afrikaanse kultuur waarop ons almal trots kan wees, kan versterk en help uitbou.

“Pendoring het die handelsnaam ‘Eg Suid-Afrikaans’ in 2012 geregistreer en dit, saam met die suksesvolle bekendstelling van die Umpetha-toekenning by die 2012 Pendoring-toekenningseremonie, is ’n mylpaal in die groei van die aand van ’n tentoonstelling van ‘Afrikaanse’ reklame tot een wat Suid-Afrika se multikulturele demografie weerspieël.

“Dit is waarom Ads24 hom weer eens verbind het tot goue borgskap van die 2013-toekennings, omdat hy moedertaal- skeppende mense heelhartig steun, en hulle aanmoedig om te ontwikkel en in die bedryf te bly sodat bemarkers doeltreffend kan kommunikeer.”

Franette Klerck, hoofbestuurder van Pendoring, voeg by: “Deur skeppend te wees, in die teikengehoor se moedertaal te adverteer, en vir Pendoring in te skryf, word die voortbestaan van die moedertaal verseker. Net so word innoverende en skeppende reklame wat waarlik by die teikenmark aanklank vind, gehandhaaf.

“Dit lei op sy beurt nie net tot ’n gesonde en dinamiese reklamebedryf nie, maar is ’n betekenisvolle belegging in die toekoms van Afrikaans en ander tale,” sê sy.

Die 2013 Pendoring-toekenningsaand val saam met die jaarlikse Creative Week in Kaapstad op Vrydag 20 September by die KIKS, net voor die Loerie-toekennings op Saterdag 21 en Sondag 22 September.

Inskrywings open 6 Mei, en die belangstelling sal groot wees, veral omdat die skeppende span wat die Prestige-toekenning vir die beste algehele Afrikaanse inskrywing wen R50 000 sal ontvang. Diegene wat die beste algehele inskrywing in die Eg Suid-Afrikaans-kategorieë skep, sal met die Umpetha-toekenning bekroon word en R20 000 ontvang.

Brits voeg by dat hy uitsien na selfs meer innovering en verbeeldingrykheid as in vorige jare. “Die gehalte van werk wat by Pendoring ingeskryf word, is altyd hoog, en die wenners is uitblinkers in hul veld. Namate die peil van moedertaalreklame verhoog, en die skeppers daarvan deur Pendoring en sy borge beloon word, sal die gehaltemaatstawwe al hoe hoër raak,” sê hy.

Omtrent Ads24
Ads24 is die voorste verkoper en bemarker van Suid-Afrikaanse koerante aan nasionale adverteerders en media-agentskappe. As die nasionale verkoops- en handelsbemarkingsafdeling vir Media 24 Koerante en hul digitale afdelings, het Ads24 regstreekse toegang tot die nuuste neigings van regoor die wêreld. Ads24 is die topkeuse vir geïntegreerde, innoverende oplossings.



Christo Brits, sakebestuurder van Afrikaanse dagblaaie: Daar is ’n veel groter kans dat ’n advertensie in sy of haar inheemse taal ’n moedertaalspreker sal oortuig om die produk te koop omdat dit letterlik tot die verbruiker spreek in ’n taal wat hy of sy verstaan. Vertroue en lojaliteit is ook onlosmaaklik deel van ’n mens se mediaverbruik in jou eerste taal.