Pendoring-Reklametoekennings lewer 77 finaliste op

Altesame 77 finaliste gaan vanjaar met groot verwagting optrek na Vodacom World in Midrand vir die 19de Pendoring-Reklametoekennings-galageleentheid.

Die finalistelys is saamgestel uit 330 inskrywings. Pendoring se twee beoordelaars-panele het die inskrywings vanjaar van 21 tot 23 Augustus beoordeel om die kaf van die koring te skei. Die paneel, wat inskrywings in die Afrikaanse kategorieë beoordeel het, het uit 11 senior skeppendes in die reklamebedryf bestaan, en die eg Suid-Afrikaanse afdeling het 10 senior skeppendes om die tafel gehad met twee mede-voorsitters onderskeidelik.

“Die beoordeling is altyd ’n strawwe taak, want elke stuk moet deeglik bestudeer word om net die heel bestes te kies. Vanjaar het die beoordelaars hul weer knap van hul taak gekwyt en ons kan met trots sê dat elke finalis hom- of haarself op die skouer kan klop,” sê Franette Klerck, hoofbestuurder van die Pendoring-Reklametoekennings.

Vanjaar het 20 agentskappe finaliste opgelewer, met Joe Public se 10 finaliste voor in die koor. Kort op sy hakke is FCB Johannesburg en Ninety9Cents Communications, elk met 7 finaliste, gevolg deur The Jupiter Drawing Room (Johannesburg) met 4 finaliste.

Ander agentskappe wat solank hul blinkste vere vir die gala-aand op 24 Oktober in Midrand kan afstof, is M&C Saatchi Abel (Kaapstad), King James (Kaapstad), FCB Kaapstad, The Open Collaboration OPENCO, Black River F.C., TBWA\Hunt\Lascaris Johannesburg, Cheil South Africa, FCB 1886, Baie-Lingual Concepts, House of Brave, 4i Mobile, Ireland/Davenport, DDB South Africa, Baie-Lingual Blink Stefanus en Native VML (’n Volledige lys van finaliste volg onderaan hierdie verklaring).

In die studente-kategorieë is daar 18 finaliste, met die Noordwes Universiteit wat koning kraai met 5. Kort op sy hakke is die Universiteit van Johannesburg en Red and Yellow School of Logic and Magic met vier finaliste elk. Vega School of Brand Leadership se kampusse in Pretoria en Kaapstad, sowel as AAA School of Advertising in Johannesburg en Kaapstad, het ook finaliste opgelewer.

Die Pendoring-galageleentheid is elke jaar ’n uithang-geleentheid op die reklame-kalender en vanjaar sal geen uitsondering wees nie. Dié geleentheid word op 24 Oktober by Vodacom World in Midrand aangebied en kaartjies is nou beskikbaar.

Die Pendoring-Reklametoekennings is welbekend as ’n baie lonende toekennings-geleentheid, en die wenner van die Prestige-toekenning ontvang ’n oorsese studiereis ter waarde van R50 000 en die kliënt ontvang gratis media ter waarde van R2 miljoen. Die wenner van die Umpetha-toekenning vir die beste inskrywing in die eg Suid-Afrikaanse afdeling wen R20 000, en die algehele studentewenner ontvang R10 000. Hierbenewens kry elke wenner van ’n goue Pendoring R6 000 en elke wenner van ’n silwer Pendoring R2 500.

Sluit aan by Pendoring se Facebook-groep of volg @Pendoring_ on Twitter en gebruik die hutsteken #Pendoring2014. Vir meer inligting om kaartjies te koop vir die galageleentheid besoek www.pendoring.co.za

Finaliste vir die 2014 Pendoring-Reklametoekennings:

TELEVISIE/ROLPRENTTEATER (met ’n produksiebegroting bo R600 000)

Geen Finaliste

TELEVISIE/ROLPRENTTEATER (met ’n produksiebegroting onder R600 000)

Titel: Kegelbal
Agentskap: FCB, Kaapstad
Adverteerder: Musica

Titel: Hotel
Agentskap: FCB, Kaapstad
Adverteerder: Musica

VIDEO/ROLPRENT NIE VIR ALGEMENE/OPENBARE UITSENDING NIE

Titel: 6de Sintuig
Agentskap: Baie-Lingual Concepts
Adverteerder: The-O Recording Studio

Titel: Markus Wormstorm
Agentskap: Ogilvy & Mather, Johannesburg
Adverteerder: Pendoring 2013

Titel: Zander
Agentskap: Ogilvy & Mather, Johannesburg
Adverteerder: Pendoring 2013

RADIO

Titel: Metamorfose
Agentskap: House of Brave
Adverteerder: Piz Buin

Titel: O Die Pyn
Agentskap: House of Brave
Adverteerder: Die Son

Titel: Hoekslypers
Agentskap: FCB 1886
Adverteerder: Cell C

Titel: Vrydag
Agentskap: FCB 1886
Adverteerder: Cell C

Titel: Wat sê die Jakkals?
Agentskap: FCB 1886
Adverteerder: Cell C

KOERANTE

Titel: Anagram
Agentskap: Cheil South Africa
Adverteerder: Breast Health Foundation

Titel: Droomloopbaan, Droomkar, Droomvakansie (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Lovers Plus

Titel: Marinade vir ’n Enkeling, Agter Elke Bun (Veldtog)
Agentskap: Ninety9Cents Communications
Adverteerder: Checkers

Titel: Informele nedersetting, Sokker, Berge, Strand (Veldtog)
Agentskap: The Jupiter Drawing Room, Johannesburg
Adverteerder: Safari-braaiprodukte

Titel: Woordvinder
Agentskap: Cheil South Africa
Adverteerder: Breast Health Foundation

TYDSKRIFTE

Titel: Loterykaartjie, Legkaartstukkie, Suurstofmasker (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Bobtail

PLAKKATE

Titel: Hardloop, Heelal, Hakskene (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Produce Sound

Titel: Kakofonie, Kraai (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Origin

Titel: Blaaskans Bederwers (Swembad, Restourant).(Veldtog)
Agentskap: The Open Collaboration OPENCO
Adverteerder: Ambre

BUITENSHUIS

Geen Finaliste

DIGITALE & INTERAKTIEWE KOMMUNIKASIE

Titel: Vergrote-realiteitstoep
Agentskap: 4i Mobile
Adverteerder: Huisgenoot

Titel: #YourLegendLivesOn
Agentskap: Ninety9Cents Communications
Adverteerder: Tassenberg

GEÏNTEGREERDE VELDTOG

Geen Finaliste

OORSPRONKLIK AFRIKAANS

Titel: Apple-uitverkoping
Agentskap: Ninety9Cents Communications
Adverteerder: Digicape

Titel: Hardloop, Heelal, Hakskene (Veldtog)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Produce Sound

Titel: Hoe ry die Boere
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Lovers Plus

Titel: Môre Oompie, Jan Pierewiet, Afrikaners is Plesierig (Veldtog)
Agentskap: DDB South Africa
Adverteerder: Wrigley Orbit

Titel: O Die Pyn
Agentskap: House of Brave
Adverteerder: Die Son

KLEINHANDEL

Titel: Agter Elke Bun, Marinade vir ’n Enkeling (Veldtog)
Agentskap: Ninety9Cents Communications
Adverteerder: Checkers

Titel: Apple-uitverkoping
Agentskap: Ninety9Cents Communications
Adverteerder: Digicape

Titel: Hotel, Kegelbal(Veldtog)
Agentskap: FCB, Kaapstad
Adverteerder: Musica

VERNUF

Titel: Appelwang-heuwels, Hou vas Pas (Veldtog) (vir Illustrasie)
Agentskap: FCB, Johannesburg
Adverteerder: Toyota

Titel: Bobbejaan Klim die Berg (vir Musiek en Klankontwerp)
Agentskap: FCB, Johannesburg
Adverteerder: Lexus

Titel: Droomvakansie, Droomkar, Droomloopbaan (Veldtog) (vir Illustrasie)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Lovers Plus

Titel: Keelgaatjies, Kakofonie, Kraai (Veldtog) (vir Illustrasie)
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Origin

Titel: Blaaskans Bederwers (Swembad) (vir Illustrasie)
Agentskap: The Open Collaboration OPENCO
Adverteerder: Ambre

Titel: Blaaskans Bederwers (Restourant) (vir Illustrasie)
Agentskap: The Open Collaboration OPENCO
Adverteerder: Ambre

KOMMUNIKASIE-ONTWERP

Titel: Appelwang-heuwels, Hou vas Pas, Son-trek-Waterpan (Veldtog)
Agentskap: FCB, Johannesburg
Adverteerder: Toyota

LEWENDE GEBEURTENISSE & AKTIVERINGS & DIREKTE KOMMUNIKASIE

Titel: Die Blink Projek
Agentskap: Baie-Lingual Blink Stefanus
Adverteerder: Blink Stefanus

EG SUID-AFRIKAANS – TELEVISIE

Titel: Coke Bobby
Agentskap: FCB, Johannesburg
Adverteerder: Coca-Cola South Africa

Titel: Giving
Agentskap: Black River F.C.
Adverteerder: First for Women

Titel: Passport
Agentskap: FCB, Johannesburg
Adverteerder: Toyota Prado Land Cruiser

Titel: Picnic, Wedding (Veldtog)
Agentskap: Ogilvy & Mather, Johannesburg
Adverteerder: MultiChoice DStv

Titel: The Reader
Agentskap: King James, Kaapstad
Adverteerder: Bell’s Whiskey
Titel: We bring out the Big Cheeses
Agentskap: Ninety9Cents Communications
Adverteerder: Checkers

Title: We bring out the Big Cheeses
Agency: Ninety9Cents Communications
Advertiser: Checkers

EG SUID-AFRIKAANS – RADIO

Titel: Môre Oompie, Afrikaners is Plesierig, Jan Pierewiet (Veldtog)
Agentskap: DDB South Africa
Adverteerder: Wrigley Orbit

Titel: Poverty-Liberty
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: One School at a Time

EG SUID- AFRIKAANS- VERNUF

Titel: A Rainbow for the Rainbow Nation  (vir Kunsleiding)
Agentskap: FCB, Johannesburg
Adverteerder: Coca-Cola South Africa

Titel: Mountains, Township, Football, Beach (Veldtog) (vir Illustrasie)
Agentskap: The Jupiter Drawing Room, Johannesburg
Adverteerder: Safari-braaiprodukte

Titel: Prosper (vir Kinematografie)
Agentskap: The Jupiter Drawing Room, Johannesburg
Adverteerder: ABSA KKNK

Titel: The Reader (vir Kinematografie)
Agentskap: King James, Kaapstad
Adverteerder: Bell’s Whiskey

EG SUID-AFRIKAANS - ALGEMEEN

Titel: A Rainbow for the Rainbow Nation
Agentskap: FCB, Johannesburg
Adverteerder: Coca-Cola South Africa

Titel: Be The Most Famous You
Agentskap: TBWA\Hunt\Lascaris, Johannesburg
Adverteerder: The Loerie Awards

Titel: Cinemark Experience
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Cinemark

Titel: Fossil Biscuits
Agentskap: M&C Saatchi Abel, Kaapstad
Adverteerder: IZIKO Museums of South Africa

Titel: The Street Store
Agentskap: M&C Saatchi Abel, Kaapstad
Adverteerder: The Haven Night Shelter on Napier

Titel: Township, Mountains, Football, Beach (Veldtog)
Agentskap: The Jupiter Drawing Room, Johannesburg
Adverteerder: Safari Braai Products

Titel: World AIDS Day WiFi
Agentskap: M&C Saatchi Abel, Kaapstad
Adverteerder: MWEB

EG SUID-AFRIKAANS – GEÏNTEGREERDE VELDTOG

Titel: #YourLegendLivesOn
Agentskap: Ninety9Cents Communications
Adverteerder: Tassenberg

Titel: Ke Yona
Agentskap: Native VML
Adverteerder: Nedbank

STUDENTE

STUDENTE: REKLAME - TRADISIONELE MEDIA

Titel: Meer Vlooi as Kooi, Meer Kat as Mat,.Meer Kietsie as Kussing (Veldtog)
Reklameskool/Tersiêre instelling: Universiteit van Johannesburg
Produk/Diens: Bissell

Titel: Muriel, Aksel, Charlotte (Veldtog)
Reklameskool/Tersiêre instelling: Red & Yellow School of Logic & Magic
Produk/Diens: Freshpak Rooibos

Titel: Superman
Reklameskool/Tersiêre instelling: Red & Yellow School of Logic & Magic
Produk/Diens: HTH

Titel: Vet, Dokter (Veldtog)
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising Johannesburg
Produk/Diens: Scrabble

STUDENTE: VERNUF

Titel: Die Saak van Gert van Rooyen (vir Ontwerp)
Reklameskool/Tersiêre instelling: Universiteit van Johannesburg
Produk/Diens: Gert van Rooyen

Titel: Koloniale Bliksem Rhodes (vir Tipografie)
Reklameskool/Tersiêre instelling: Universiteit van Johannesburg
Produk/Diens: Koloniale Bliksem Lettertipes

STUDENTE: GEÏNTEGREERDE VELDTOG

Titel: Boksem-bier
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Produk/Diens: Boksem Bier

Titel: MK Fokkendans
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Produk/Diens: MK

Titel: MK Nooit Alleen Nie
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Produk/Diens: MK

STUDENTE: EG SUID-AFRIKAANS – ALGEMEEN

Titel: Boets
Reklameskool/Tersiêre instelling: Red & Yellow School of Logic & Magic
Produk/Diens: Boets Shoes

Titel: Boxed in Type
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Produk/Diens: Boxed in Type

Titel: Jan van Riebeeck, Hendrik Verwoerd, Paul Kruger (Veldtog)
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Kaapstad
Produk/Diens: Captain Morgan

Titel: Moustache, Jeans, Hair (Veldtog)
Reklameskool/Tersiêre instelling: Vega School of Brand Leadership, Kaapstad
Produk/Diens: Lion Matches

Titel: Unicorn, Fountain (Veldtog)
Reklameskool/Tersiêre instelling: Red & Yellow School of Logic and Magic
Produk/Diens: Cape Town Tourism

Titel: Yellowbone Kappa Darkie?
Reklameskool/Tersiêre instelling: Vega School of Brand Leadership, Pretoria
Produk/Diens: Savanna

STUDENTE: EG SUID-AFRIKAANS - GEÏNTEGREERDE VELDTOG

Titel: MK - Sosiaal
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Produk/Diens: MK Sosiale Televisie

Titel: Post Daises Depression
Reklameskool/Tersiêre instelling: Vega School of Brand Leadership, KaapstadKaapstadK
Produk/Diens: Rocking the Daisies

Titel: Rajah
Reklameskool/Tersiêre instelling: Universiteit van Johannesburg
Produk/Diens: Rajah