2015 Pendoring-wenners: King James stap weg met Prestige-toekenning

’n Hoogs suksesvolle veldtog deur die reklame-agentskapsgroep King James vir die Sanlam Musiekfees het Pendoring se hoogste louere – die Prestige-toekenning – by Pendoring se 20ste bekroningsaand verower.

Die algehele wenner in die studentekategorie is Casper Schutte van die Stellenbosch Academy of Design and Photography met sy inskrywing “Ja Oom, Nee Oom” in die kategorie Kommunikasie-ontwerp.

Die wenners is gisteraand (30 Oktober) tydens ’n glansgeleentheid by Vodacom World in Midrand voor ’n saal vol waarderende gaste aangekondig. Pendoring se 20ste verjaardag is terselfdertyd in styl gevier. Met top-vermaak deur kunstenaars soos Bongi, Riana Nel, LeAnne Dlamini en die Mzanzi Youth Choir was die geleentheid weer eens ’n multikulturele makietie om oor huis toe te skryf.

Altesaam 50 goue en silwer Pendoring-trofeë is toegeken: 39 aan die professionele agentskappe en 11 aan studente.

Van die 9 goue Pendorings wat aan die agentskappe toegeken is, is 2 aan TBWA\Hunt\Lascaris, Johannesburg, Baie-Lingual Concepts en Promise Brand Specialists toegeken en 1 elk aan die agentskapsgroep King James, Etiket en FCB, Kaapstad.

Van die 3 goue Pendorings in die studentekategorie is 2 deur Stellenbosch Academy for Design and Photography verower en 1 deur AAA School of Advertising, Johannesburg.

Wat die silwer trofeë betref, het Joe Public die ander agentskappe die loef afgesteek deur nie minder nie as 7 silwer trofeë in te palm, gevolg deur FCB, Kaapstad met 5, Native VML en Promise Brand Specialists met 3 elk, TBWA\Hunt\Lascaris, Johannesburg, Ireland/Davenport, Chasing Migada Productions en Etiket met 2 elk en Ninety9Cents Communications, Birthmark, DDB South Africa en FCB 1886 met 1 elk.

Die 8 silwer wenners in die studente-kategorie is Noordwes-Universiteit (5), Universiteit van Pretoria (1), AAA School of Advertising, Johannesburg (1) en Vega School of Brand Leadership, Pretoria (1).

Algehele wenner

Buiten die feit dat die agentskapsgroep King James die Prestige-prys (’n oorsese studiereis van R100 000) gewen het, het hulle ook 'n goue Pendoring en R6 000 gewen in die afdeling Lewende Gebeurtenisse & Aktiverings & Direkte Bemarking.

Die beoordelaars het die wen-veldtog se lof besing: “Dit was lekker om ’n Afrikaanse veldtog te sien wat op ’n uiters moderne manier beplan en uitgevoer is. Dit het 'n outentieke gevoel gehad, was moeilik om te ignoreer, glad nie verkoperig nie en het 'n mens lus gemaak om deel te neem,” het Leon Jacobs, hoofbeoordelaar en uitvoerende skeppende hoof van Havas Boondoggle, Kaapstad, gesê

King James se span wou met hul veldtog iets besonders doen wat mense sou laat toustaan om die fees by te woon en die koppe sou laat draai. Met 'n reeks tipografiese installasies wat regoor Stellenbosch opgerig is, geïnspireer deur die lirieke van die musiekkunstenaars wat by die fees opgetree het, het hulle uitstekend daarin geslaag. Die veldtog was só suksesvol, kaartjieverkope het met 77% gestyg!

Die beoordelaars was net so beïndruk met die studentewenner se inskrywing en het opgemerk dat dit nie slegs uitgeblink het in die studente-kategorie nie, maar dat dit selfs in die professionele afdeling sou kon wen. Schutte het ook twee goue Pendorings ingepalm sowel as R22 000 en 'n internskap by die agentskap Etiket vir 2016.

Eg Suid-Afrikaans

In teenstelling met die gehalte van die Afrikaanse inskrywings het die volume en gehalte van die werk wat om die Umpetha-toekenning meegeding het, nie aan die beoordelaars se verwagtinge voldoen nie, en geen prys is toegeken nie.

“Miskien was daar effense verwarring by die agentskappe oor die toekoms van die Eg Suid-Afrikaanse kategorie. Die beoordelaars het nietemin hard gesoek na juwele tussen die inskrywings, maar het oplaas besluit dat geen inskrywing die Umpetha-toekenning waardig was nie,” het Festus Masekwameng, hoofbeoordelaar van die Eg Suid-Afrikaanse kategorie, besturende vennoot van MKT Media, en uitvoerende skeppende hoof van Motherrussia Communications verduidelik.

Xolisa Dyeshan, uitvoerende skeppende hoof van Joe Public, stem saam: “Die aantal inskrywings in die Eg Suid Afrikaanse kategorie was teleurstellend maar dis te verstane want dit is die eerste jaar dat Engels uitgesluit is. Met ons inheemse tale wat bedreig word, is dit regtig belangrik om 'n reklamekompetisie soos Pendoring te hê wat moedertaal-reklame bevorder.”

PENDORING 2015 WENNERS (in alfabetiese volgorde volgens die titel van die inskrywing)

TELEVISIE/Rolprentteater (met ’n produksiebegroting bo R600 000) (Geborg deur kykNET)

Silwer
Titel: Klein Riaan
Agentskap: Native VML
Adverteerder: Netwerk24

TELEVISIE/ROLPRENTTEATER (met ’n produksiebegroting onder R600 000) (Geborg deur kykNET)

Silwer
Titel: Veldtog: Afrikaans in Argentinië
Agentskap: Promise Brand Specialists
Adverteerder: CNA

VIDEO & ROLPRENT NIE VIR ALGEMENE/OPENBARE UITSENDING NIE

Geen toekenning

RADIO

Goud
Titel: Veldtog: Noodsaaklikhede
Agentskap: FCB, Kaapstad
Adverteerder: Engen QuickShop

Goud
Titel: Wildtuin
Agentskap: TBWA\Hunt\Lascaris, Johannesburg
Adverteerder Tiger Brands

Silwer
Titel: Veldtog: 5 Minute
Agentskap: TBWA\Hunt\Lascaris, Johannesburg
Adverteerder: Tiger Brands

Silwer
Titel: ’n Leeftyd in ’n Minuut
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Dialdirect

Silwer
Titel: Veldtog: Poespas Radio
Agentskap: Ireland/Davenport
Adverteerder: CliffCentral

Silwer
Titel: Veldtog: Treffers
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Nedbank

KOERANTE

Geen toekenning

TYDSKRIFTE (geborg deur Huisgenoot)

Silwer
Titel: Veldtog: Klankbane
Agentskap: FCB, Kaapstad
Adverteerder: BMW Motorrad

PLAKKATE

Geen toekenning

BUITENSHUIS

Geen toekenning

DIGITAAL – Webwerf, mikrowerf, mobiele toepassings en werwe (Geborg deur Media24)

Silwer
Titel: Want dis lekker!
Agentskap: Etiket
Adverteerder: Kief Koekies

DIGITAAL – Internetreklame, mobiele reklame, Sosiale Media & E-posbemarking

Goud
Titlel: Veldtog: Stemposboodskappe
Agentskap: Baie-Lingual Concepts
Adverteerder: The-O/Produce/Sound Patch Collaboration

OORSPRONKLIK AFRIKAANS (Geborg deur Die Dagbreek Trust)

Goud
Titel: Kinderboeke
Agentskap: Promise Brand Specialists
Adverteerder: CNA

Goud
Titel: Wildtuin
Agentskap: TBWA\Hunt\Lascaris, Johannesburg
Adverteerder: Tiger Brands

Silwer
Titel: Veldtog: Klankbane
Agentskap: FCB, Kaapstad
Adverteerder: BMW Motorrad

Silwer
Titel: Klein Riaan
Agentskap: Native VML
Adverteerder: Netwerk24

Silwer
Titel: Veldtog: 5 Minute
Agentskap: TBWA\Hunt\Lascaris, Johannesburg
Adverteerder: Tiger Brands

Silwer
Titel: Veldtog: Poespas Radio
Agentskap: Ireland/Davenport
Adverteerder: CliffCentral

Silwer
Titel: Veldtog: Treffers
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Nedbank

Silwer
Titel: Want dis lekker!
Agentskap: Etiket
Adverteerder: Kief Koekies

KLEINHANDEL

Silwer
Titel: Veldtog: Afrikaans in Argentinië
Agentskap: Promise Brand Specialists
Adverteerder: CNA

Silwer
Titel: Veldtog: Noodsaaklikhede
Agentskap: FCB, Kaapstad
Adverteerder: Engen QuickShop

Silwer
Titel: Suzaniël
Agentskap: Ninety9Cents Communications
Adverteerder: Checkers

Silwer
Titel: Veldtog: Tjie
Agentskap: FCB, Kaapstad
Adverteerder: Corner Bakery

VERNUF

Goud
Titel: Want dis lekker!
Agentskap: Etiket
Adverteerder: Kief Koekies
Vernuf: Kopieskryf

Goud
Titel: Veldtog: Stemposboodskappe
Agentskap: Baie-Lingual Concepts
Adverteerder: The-O/Produce/Sound Patch Collaboration
Vernuf: Oorspronklike musiek en klankontwerp

Silwer
Titel: Veldtog: Kies jou kompetisie reg
Agentskap: DDB South Africa
Adverteerder: SABC
Vernuf: Kopieskryf

Silwer
Titel: Klein Riaan
Agentskap: Native VML
Adverteerder: Netwerk24
Vernuf: Spesiale Visuele Effekte

Silwer
Titel: KykNET Beleef jou Wêreld
Agentskap: Birthmark
Adverteerder: KykNET
Vernuf: Spesiale Visuele Effekte

Silwer
Titel: ’n Leeftyd in ’n Minuut
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Dialdirect
Vernuf: Kopieskryf

Silwer
Titel: Toe Vind Ek Jou
Agentskap: Chasing Migada Productions
Adverteerder: Francois van Coke en Karen Zoid
Vernuf: Kinematografie & Regie

Silwer
Titel: Veldtog: Treffers
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Nedbank
Vernuf: Oorspronklike musiek en Klankontwerp

KOMMUNIKASIE-ONTWERP

Silwer
Titel: Veldtog: Smaak Verskil
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: Clover

Silwer
Titel: Vernuftig Vermeng
Agentskap: FCB, Kaapstad
Adverteerder: Equatorial Coffee

LEWENDE GEBEURTENISSE & AKTIVERINGS & DIREKTE BEMARKING

Goud
Titel: Sanlam Musiekfees
Agentskap: King James Group
Adverteerder: Sanlam

Silwer
Titel: Boks vol Inspirasie
Agentskap: Promise Brand Specialists
Adverteerder: CNA

Silwer
Titel: Omkeerbare Tronkbaadjie
Agentskap: Joe Public
Adverteerder: One School at a Time

GEÏNTEGREERDE VELDTOG (Geborg deur die ATKV)

Goud
Titel: Boks vol inspirasie
Agentskap: Promise Brand Specialists
Adverteerder: CNA

EG SUID-AFRIKAANS – TELEVISIE

Geen toekenning

EG SUID-AFRIKAANS – RADIO

Silwer
Titel: Veldtog: Igugu
Agentskap: FCB 1886
Adverteerder: Cell C

EG SUID-AFRIKAANS – Algemeen

Geen toekenning


EG SUID-AFRIKAANS – Vernuf

Geen toekenning

STUDENTE

STUDENTE – Televisie; Rolprent; Video-kommunikasie; Internet-reklame

Silwer
Titel: Toorberg
Reklameskool/Tersiêre instelling: Universiteit van Pretoria
Studente: Marilize Gouws, Monique Cowdrey

STUDENTE – Radio

Geen toekenning

STUDENTE – Gedrukte kommunikasie

Silwer
Titel: Veldtog: Etikette
Reklameskool/Tersiêre instelling: Vega School of Brand Leadership, Pretoria
Student: Layla Loots

STUDENTE – Kommunikasie-ontwerp

Goud
Titel: Ja Oom, Nee Oom
Reklameskool/Tersiêre instelling: Stellenbosch Academy of Design and Photography
Student: Casper Schutte

STUDENTE – Vernuf

Goud
Vernuf: Fotografie en Grafiese ontwerp
Titel: Ja Oom, Nee Oom
Reklameskool/Tersiêre instelling: Stellenbosch Academy of Design and Photography
Student: Casper Schutte

Silwer
Vernuf: Illustrasie
Titel: Dorp
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Student: Amanda van der Walt

Silwer
Vernuf: Illustrasie
Titel: Maaifoedie
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Student: Lise-Marié Clarke

STUDENTE – Geïntegreerde veldtog

Silwer
Titel: MK Gons
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Studente: Reandi Engelbrecht, Adrien Viljoen, Ronel Swanepoel,
Luanri Venter

Silwer
Titel: MK Kuier
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes- Universiteit
Student: Amanda van der Walt

Silwer
Titel: MK Tjoen-It
Reklameskool/Tersiêre instelling: Noordwes-Universiteit
Studente: Berné van Zyl, Suzél van Heerden, Junika van Schalkwyk

STUDENTE – Eg Suid-Afrikaanse Kommunikasie

Goud
Titel: Veldtog: Anyone’s Game
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Johannesburg
Studente: Lizandri van de Merwe, Yenani Madikwa

Silwer
Titel: President
Reklameskool/Tersiêre instelling: AAA School of Advertising, Johannesburg
Student: Mahlatse Moetlo

Prestige-toekenning 2015

Agentskap: King James Group
Kategorie: Lewende gebeurtenisse & aktiverings &
direkte bemarking
Titel: Sanlam Musiekfees
Adverteerder: Sanlam

Algehele studentewenner 2015

Student: Casper Schutte
Kategorie: Kommunikasie-ontwerp
Titel: Ja Oom, Nee Oom
Reklameskool/Tersiêre instelling: Stellenbosch Academy of Design and Photography

Umpetha-toekenning 2015

Geen toekenning